Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Sport

Laeveld kan slagveld vir Skotte word

Springbokke moet oorskakel na ’n hoër rat

Deur Pieter Jordaan Vrydag 14 Junie 2013 10:29 nm.

NELSPRUIT. – Hierdie Skotse kuiken moet sonder huiwering nek omgedraai word.

Hoe? Seker op dieselfde manier wat die Springbokke verlede week in hul toets teen Italië soms sterk oorheers het – maar dié keer sonder om af en toe byna lui van koers af te dwaal.

Die Bokke vroetel na tweede rat in hul tweede rugbytoets van die jaar en ’n makkerige Skotse leër as teenstander is straks nommerpas om die kol te tref.

Toegegee, om nou al vir ’n vlekkelose vertoning te vra, is onredelik, maar iets nog ’n bietjie sagter op die oog sal gaaf wees, dankie.

Met die hope rugby wat Jean de Villiers en sy troepe reeds vanjaar vir hul onderskeie streekspanne gespeel het, kan roes regtig nie ’n faktor wees nie.

’n Paar nuwe kombinasies kan wel nog vir los drade sorg, maar dié toets is die soort wedstryd waarin klein jakkalsies nie tot die Bokke se ondergang behoort te lei nie.

Die Laeveld kan trouens ’n slagveld vir die Skotte word as dié bondel pure Bok-talent vandag hier in die Mbombela-stadion tot sy reg kom.

Die gaping in spelerdiepte tussen Suid-Afrikaanse en Skotse rugby is groter as Mick Jagger se mond. En dapper soos die Skotte mag wees, plaas die afwesigheid van heelparty van hul voorste spelers ’n rooi kruis op hul voorkoppe.

Voorlangs het hulle wel genoeg ervaring, want daar boer ouens soos Euan Murray, Jim Hamilton en Alasdair Strokosch.

Die Bokke het ervaring van hul eie as antwoord – en dan ook nog die buitengewone spierkrag van Tendai Mtawarira, Adriaan Strauss en Eben Etzebeth en selfs iets soos voorspeler-flair met ’n jong flankpaar van Marcell Coetzee en Arno Botha.

Selfs al sou die Bokke se oorheersing voorlangs slegs matig wees, wag daar agter individue wat elkeen op sy eie manier ’n Skotse ramp kan teweegbring.

Hoe die agterspelers dit as ’n eenheid doen, is belangriker. En hulle kan, met die regte doepa van momentum en ritme, drieë inryg sonder dat Bryan Habana iets uit niks van teenaanvalle hoef te maak.

Op ’n daVg soos dié, waar die Skotte selfs twee grootoog-debutante in hul agterlyn moet loslaat, kan ’n mens nie anders nie as om te droom oor ’n verrassingsbeweging waar Willie le Roux die bal kry met morge ruimte om sy dans te dans.

Video: Bismarck keer terug 

Video: Wat maak die Bokke daar? 

* Suid-Afrika: Willie le Roux, Bryan Habana, JJ Engelbrecht, Jean de Villiers (k), Bjorn Basson, Morné Steyn, Ruan Pienaar, Pierre Spies, Arno Botha, Marcell Coetzee, Juandré Kruger, Eben Etzebeth, Jannie du Plessis, Adriaan Strauss, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Bismarck du Plessis, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Flip van der Merwe, Siya Kolisi, Piet van Zyl, Pat Lambie, Jan Serfontein.

Skotland: Peter Murchie, Tommy Seymour, Alex Dunbar, Matt Scott, Sean Lamont, Ruaridh Jackson, Greig Laidlaw (k), Johnnie Beattie, Ryan Wilson, Alasdair Strokosch, Jim Hamilton, Tim Swinson, Euan Murray, Scott Lawson, Alasdair Dickinson. PLAASVERVANGERS: Stevie Lawrie, Jon Welsh, Moray Low, Alastair Kellock, David Denton, Henry Pyrgos, Peter Horne, Duncan Taylor.

Skeidsregter: Romain Poite (Frankryk).

Afskop: 17:15.