Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Sport

Treu nie veel wyser in Rome

Deur Leighton Koopman Vrydag 14 Junie 2013 10:22 nm.

KAAPSTAD. – ’n Toernooi waar hy veronderstel was om die kaf van die koring te skei vir sy Wêreldbeker-sewesrugbygroep, sal Paul Treu, die Blitsbok-afrigter, dalk ’n hoofpyn of twee besorg.

Sy Suid-Afrikaners het gister op die eerste dag van die Roma-toernooi in Italië baljaar en al drie hul teenstanders maklik uit die pad gevee om die uitspeelrondes van die toernooi in Rome te haal.

Die Blitse se eerste wedstryd vandag begin eers om 20:00 en Treu sal heel moontlik dan die geleentheid kry om te sien hoe die spelers vaar wanneer hulle teen heelwat sterker spanne as gister te staan kom.

Frankryk en Italië se nasionale sewesspanne is van die teenstanders wat moontlik op die Suid-Afrikaners wag.

In die Blitsbokke se eerste wedstryd het hulle een van die uitnodigingspanne, Fiamme Oro, met 33-0 geklop.

Hulle het aanvanklik gesukkel, maar daarna het die spelers hul voete gevind.

In die tweede wedstryd het die Blitse die Geneva Barbarians met 69-0 laat les opsê en die dag se spel met ’n sege van 54-0 oor Clandestinos afgesluit.

Volgens Treu het sy spelers aanvanklik in die eerste wedstryd ’n bietjie stadig begin en het dit maar soms traag gegaan voor hulle hul ritme gevind het.

“Dit was baie warm en die hitte het ook sy tol geëis. Die manne is aanhoudend geroteer om aan almal genoeg speeltyd te gee,” het hy gesê.

Die afrigter was ooglopend hoogs tevrede met die terugkeer van sy kaptein, Kyle Brown, Ruwellyn Isbell en Mark Richards, wat ná langtermyn-beserings die eerste keer vanjaar uitgedraf het.

Die spelers wat hulle van die vyftienman-kode by sy groep aangesluit het (soos Ryan Kankowski), het ook gister ’n goeie indruk op hom gemaak.