Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Nuusflitse
Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

DuRandt versterk Poubloues se agterlyn

Deur Gerdie Karstens Woensdag 26 Junie 2013 9:48 nm.

BLOEMFONTEIN. – Die losskakel DuRandt Gerber sal vir die komende Curriebeker-reeks Italiaanse pasta vir boerekos verruil nadat hy deur Griekwas vir die kompetisie gekontrakteer is.

Die 30-jarige Gerber het die afgelope vyf jaar sy rugby in Italië vir Lazlo gespeel, maar sal nou die Poubloues vir die duur van die reeks in ’n sleutelposisie versterk.

Die Noord-Kapenaars se afrigter, Pote Human, het gister bevestig dat Gerber vir Griekwas gaan speel, terwyl laasgenoemde ook op Twitter onthul het hy het by die Poubloues geteken.

Gerber het twee weke gelede by die Pumas vir hom ’n tuiste probeer skep, maar is ná die wedstryd teen die Valke na Kimberley om daar beproef te word.

Hy het die afgelope naweek op Vryburg in ’n oefenwedstryd teen die Luiperds speelkans gekry en sodanig beïndruk dat sy dienste vasgemaak is.

“DuRandt bring meer diepte op losskakel,” het Human gesê oor ’n posisie wat Francois Brummer tot onlangs nog alleen moes beman.

Gerber behoort Brummer se adjudant te wees, met Nico Scheepers en Gouws Prinsloo die ander nuwelinge wat die agterste driehoek sal beman.

* Human het gister bevestig dat die flank Wesley Wilkins weer deur die beseringspook gery word. Wilkins het teen die Luiperds die eerste keer speelkans gekry nadat hy van ’n kniebesering herstel het.

Hy het teen die Luiperds se skouer beseer en dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat hy nie weer die seisoen gaan rugby speel nie.

“Wesley sal ’n skouer-operasie ondergaan wat hom vier maande lank langs die kantlyn gaan hou. Ons wag ook vir Jaco Nepgen (slot) om vir ’n skandering te gaan.

“Dit lyk of hy ’n graad 1-skeur aan sy knie het,” het Human bygevoeg.

Griekwas het pas vir Hilton Lobberts vasgemaak om hul slot-diepte ’n hupstoot te gee, maar Human sal straks nou vir nog ’n ranker rondkyk. Die breier sal moontlik ook na ’n plaasvervanger vir Wilkins op soek wees.