Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 6.4mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Sport

Blitse tem toe Rooi Gevaar

Deur Leighton Koopman Vrydag 28 Junie 2013 11:13 nm.

Sibusiso Sithole gee vet in die Blitsbokke se wedstryd teen Rusland gister in Moskou, met Stephan Dippenaar (middel) wat bo-oor ’n teenstander bokspring en Chris Dry wat die agterhoede dek. Suid-Afrika het sy Wêreldbeker-veldtog met ’n klinkende sege van 31-0 begin. Foto: Wessel Oosthuizen | Gallo Images

KAAPSTAD. – Suid-Afrika het sy eerste toets in die Wêreldbeker-sewesrugbytoernooi met vlieënde vaandels geslaag.

Vooraf was daar kommer dat Rusland voor sy tuisskare in Moskou se enorme Luzhniki-stadion ’n groot gevaar vir die Blitsbokke sou inhou. Maar die spelers van Paul Treu, Suid-Afrika se sewesafrigter, het gister van meet af aan die kragmeting oorheers, vyf drieë ingeryg en met 31-0 geseëvier.

Vanoggend om 10:40 pak Suid-Afrika Japan, waarna hy om 17:16 teen Skotland – in sy laaste groepwedstryd – te staan kom.

Die Skotte het gister ’n naelskraapse sege van 19-17 oor Japan behaal.

Die Russe sou met groot nasietrots op die veld gedraf het ná ’n boodskap deur drie van hul land se ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie én ’n verwelkoming deur pres. Wladimir Poetin. Tog was dit die Blitse wat die wedstryd met groter vuur begin het.

Suid-Afrika het drie onbeantwoorde drieë in die eerste helfte gedruk om ’n voorsprong van 19-0 met rustyd te geniet.

Stephan Dippenaar het die eerste drie gedruk nadat hy sy ore platgetrek en net-net die kantlyn in die regterkantse hoekie vermy het.

Cornal Hendricks, die Blitsbokke se voorste driedrukker vanjaar, het daarna soos ’n vetgesmeerde blits deur die Russiese verdedigingslinie geklief vir sy span se tweede drie.

Suid-Afrika se skrumskakel, Branco du Preez, het kort voor rustyd soos ’n ballerina uit ’n duikslag getol, na binne gebreek en doellyn toe genael vir die derde drie. Hy het dit ook verdoel.

Ná die draaityd het dit vir ’n wyle gelyk of die Russe sou terugveg, maar puik verdediging deur die Blitsbokke het die tuisspan ver van Suid-Afrika se doellyn vasgepen.

Die haastige Seabelo Senalta het in die tweede helfte verder amok gemaak. Hy het net nadat hy op die veld verskyn het, sy eerste drie gedruk.

Hy het later weer óm die moeë Russe genael om die laaste spyker in hul kis te timmer.

Die ander swaargewigte in die toernooi het gister ook sonder veel moeite dié sewesskouspel op ’n wennoot begin.

Argentinië het die grootste telling van die dag (47-7 teen Hongkong) aangeteken. Kenia (45-5 teen die Filippyne), Fidji (45-0 teen Tonga), Nieu-Seeland (31-12 teen Kanada) en Wallis (33-5 teen Uruguay) het ook spiere gebult.