Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Sondag


26°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 10km/h


Reënval 11.3mm


Humiditeit 90%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 3.5mm


Humiditeit 64%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Donderdag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sport

VANDAG SE SUPER-STRYD OP LOFTUS

Bulle moet op koers bly

Ligbloues by kruispad; durf nie weg van Kings fokus

Deur Marco Botha Vrydag 28 Junie 2013 11:35 nm.

PRETORIA. – Die ding met ’n tweede kans is dat ’n span dan baie makliker aangespoor word om goed te doen, aangesien daardie motivering juis uit ’n vorige mislukking gebore is.

Veel meer as dít het die Southern Kings nie vandag nodig nie. Hierdie Oos-Kaapse Superrugby-span sal vanmiddag hier op Loftus Versfeld vir die tweede keer vanjaar teen die Bulle uitdraf.

Hul eerste ontmoeting was in die Baai. Die Kings het toe pas teruggekeer van ’n verrassend geslaagde oorsese toer. En die Bulle het nog rou wonde gehad nadat hulle Doer Onder meer harpuis as rose geruik het.

Die driemalige Superrugby-kampioen troef die Kings toe egter met 34-0 in verreweg hul beste vertoning van die seisoen.

Sedert daardie wedstryd het die Bulle ’n verdere ses agtereenvolgende wedstryde gewen, voor die toetsonderbreking sake gehokaai het. Hulle is tans stewig voor op die Suid-Afrikaanse puntelys. En die Kings heel laaste.

Die konteks vir hierdie tweede ontmoeting verskil dus ooglopend van toe hulle mekaar op 20 April in die Baai gepak het. En as kitsmotivering hier in afsondering beskou word, is daar vir die Kings – ’n span met karakter – niks anders op die spel as om vir daardie eerste mislukking te vergoed nie. Dit maak dit vandag vir hulle maklik om op die hede te fokus.

Die Bulle is egter by ’n kruispad in hul seisoen. En die een pad is langer as die ander een. Daar is rede om te glo dat hierdie span vanjaar end-uit kan gaan. En ’n vierde Super-trofee is al op die horison van die een roete sigbaar.

Noudat daar net drie groepwedstryde voor die uitspeelrondes oor is, kan die Bulle hul fokus maklik na daardie langtermyndoelwit verskuif.

Dit sal egter ’n swenk verg weg van die roete wat hulle tot nou gestap het – die een waar die span nooit verder as die volgende wedstryd gefokus het nie. Die veronderstelling was dat die Bulle die Super-trofee eers ná die voorlaaste heuwel sal sien indien hulle op die pad eerder as die horison bly fokus. Dit geld steeds.

* Bulle: Zane Kirchner. Akona Ndungane, Jan Serfontein, Wynand Olivier, Bjorn Basson, Louis Fouché, Francois Hougaard, Dewald Potgieter (k), Jacques Potgieter, Deon Stegmann, Grant Hattingh, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Chiliboy Ralepelle, Dean Greyling. PLAASVERVANGERS: Willie Wepener, Frik Kirsten, Juandré Kruger, Jono Ross, Rudy Paige, Morné Steyn, JJ Engelbrecht.

Kings: SP Marais, Michael Killian, Ronnie Cooke, Andries Strauss (k), Marcello Sampson, Demetri Catrakilis, Shaun Venter, Jacques Engelbrecht, Wimpie van der Walt, Cornell du Preez, David Bulbring, Darron Nell, Kevin Buys, Bandise Maku, Schalk Ferreira. PLAASVERVANGERS: Grant Kemp, Hannes Franklin, Rynier Bernardo, Devin Oosthuizen, Nicolas Vergallo, George Whitehead, Shane Gates.