Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

nuweland is super-bondgenoot

Stormers veg vir agting

Plek in uitspeelrondes vandag Cheetahs-geelwortel

Deur Stephen Nell Vrydag 28 Junie 2013 11:48 nm.

KAAPSTAD. – Wie sou hulle dit kon indink voor vanjaar se Superrugby-reeks afgeskop het: Die uitspeelrondes wink vir die Cheetahs en die Stormers doen kreatiewe wiskunde om hulself wys te maak dat hulle steeds ’n kans het.

Wen die Cheetahs vandag op Nuweland, is hulle so te sê seker van ’n plek in die uitspeelrondes. Dis straks al motivering wat hulle nodig het, maar teen die Stormers gaan dit moeilik wees – om twee redes: Dis ’n derbywedstryd en die tuisspan wil sy naam in ere herstel.

Laasgenoemde is ’n ou cliché, maar in die geval van die sukkelende Stormers baie relevant.

Hulle lok groter skares as enige ander span in die reeks, en die Kaapse mense laat jou dit verstaan as jy nie goed genoeg is nie.

Dit is vanjaar oorwegend die geval met die Stormers, maar weliswaar nie op Nuweland nie.

Op hul tuisveld het hulle nog net teen die Crusaders verloor.

In die Kaap moet die Stormers ondanks hul posisie op die puntelys as die gunstelinge geag word.

Baie sal egter afhang van hoe goed hulle die aanslag van die Cheetahs se agttal kan afweer.

Dis veral in die voorry waar daar vir die Stormers kwelvrae is. Kan hul vaskopstut, Brok Harris, sy man teen Coenie Oosthuizen staan?

En hoeveel momentum sal die Cheetahs kry wanneer hulle die Bok-loskop Trevor Nyakane van die plaasvervangersbank opstuur?

Die Stormers-lostrio sal die stryd ook met ewe veel werkywer as hul regstreekse teenstanders moet benader.

Vir lekkerder tweestryde vandag kan ons nie vra nie.

Damian de Allende en Juan de Jongh in die Stormers se middelveld teen Robert Ebersohn en Johann Sadie; Deon Fourie teen Heinrich Brüssow. Ensovoorts.

Die rol van die onderskeie spelskeppers in die spanne sal ook ’n beduidende rol speel.

Willie le Roux sou met baie selfvertroue van die Springbok-kamp teruggekeer het en al begin hy vandag weer op vleuel, kan hy van fasespel die rol van ’n losskakel speel.

Moet ook nie die moontlike invloed van die Stormers se nr. 10, Elton Jantjies, onderskat nie.

Al het ons nog nie sy beste gesien nie, het die druk van hoë verwagtinge gewyk en behoort sy gehalte mettertyd te wys.

As dié wedstryd – soos verwag – baie gelykop verloop, sal die spanne aan die genade van Stuart Berry as skeidsregter oorgelaat word. Hy het ’n paar flaters in hul vorige stryd in Bloemfontein begaan en hopelik is sy fluitjie nie weer ’n gesprekspunt nie.

* Stormers: Joe Pietersen, Gio Aplon, Juan de Jongh, Damian de Allende, Bryan Habana, Elton Jantjies, Louis Schreuder, Nizaam Carr, Deon Fourie (k), Siya Kolisi, De Kock Steenkamp, Eben Etzebeth, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Ross Geldenhuys, Gerbrandt Grobler, Don Armand, Dewaldt Duvenage, Gary van Aswegen, Gerhard van den Heever.

Cheetahs: Hennie Daniller, Willie le Roux, Johann Sadie, Robert Ebersohn, Raymond Rhule, Riaan Smit, Piet van Zyl, Philip van der Walt, Lappies Labuschagne, Heinrich Brussow, Francois Uys, Lodewyk de Jager, Lourens Adriaanse, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Trevor Nyakane, Waltie Vermeulen, Boom Prinsloo, Sarel Pretorius, Elgar Watts, Howard Mnisi.

Skeidsregter: Stuart Berry.