Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 78%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

Towenaar se plan vir Bok-spanmaat

Willie: Duik Bryan laag

Cheetahs moet Stormers se drieëvraat vandag fyn dophou

Deur Jóhann Thormählen Vrydag 28 Junie 2013 10:50 nm.

BLOEMFONTEIN. – Om die enkels, want dan val hy twee keer harder.

Dit is die Springbok-heelagter Willie le Roux se raad oor waar die Cheetahs vandag op Nuweland die Bok-breker Bryan Habana moet duik.

Indien hulle dit nie in hul Superrugby-wedstryd doen nie, gaan hulle waarskynlik die Stormers-vleuel se nommer op sy rug sien terwyl hy rieme neerlê doellyn toe.

’n Week gelede het Le Roux vir Habana gehelp om sy 49ste toetsdrie te druk, maar vandag sal hy dié Kaapse drieëvraat se elke beweging vir ’n heel ander rede moet dophou.

Dié Bok-blits het die vermoë om die Cheetahs se drome van die Super-uitkloprondes eiehandig ’n gevoelige knou te gee.

Hoewel Habana nie vir Le Roux as spelskepper langs hom het nie, beskik die Stormers oor meer as genoeg skietgoed om dié driedrukmasjien weer te laat druk.

“Dit is die ding van rugby. Jy maak vriende wat jy nie geken het nie en speel saam met hulle by die Bokke. Maar dan, net sewe dae later, speel jy weer téén hulle,” het Le Roux gesê.

Die Cheetahs se vleuel, wat nog op skool was toe Habana die eerste keer vir die Bokke uitgedraf het, beskou die Kapenaar as iemand om na op te kyk.

“Sy werksetiek is baie hoog en hy probeer altyd orals op die veld kom. Hy is ook ’n goeie leier.

“Hy het ’n paar jaar terug ’n slegte tyd beleef, maar sterk teruggekom. Dit wys hoe goed hy is.”

Dié Cheetahs se towenaar het in sy drie toetse en voorheen in die Super-reeks gewys daar is nie ’n beter manier om teenstanders te lak as om die enkels nie.

Hy het byvoorbeeld die Wallaby-vleuel Digby Ioane goed opgepas toe die Reds die Cheetahs hier gepak het.

“Jy kan nie ouens op Super-vlak of in toetsrugby hoog duik nie,” het hy gesê.

“Bryan is goed daarmee om af te rond en te druk. Jy moet hom goed dophou.”

* Stormers-span: Joe Pietersen, Gio Aplon, Juan de Jongh, Damian de Allende, Bryan Habana, Elton Jantjies, Louis Schreuder, Nizaam Carr, Deon Fourie (k), Siya Kolisi, De Kock Steenkamp, Eben Etzebeth, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Ross Geldenhuys, Gerbrandt Grobler, Don Armand, Dewaldt Duvenage, Gary van Aswegen, Gerhard van den Heever.

Cheetahs: Hennie Daniller, Willie le Roux, Johann Sadie, Robert Ebersohn, Raymond Rhule, Riaan Smit, Piet van Zyl, Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Heinrich Brüssow, Ligtoring Landman, Lood de Jager, Lourens Adriaanse, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Trevor Nyakane, Waltie Vermeulen, Boom Prinsloo, Sarel Pretorius, Elgar Watts, Howard Mnisi.

Skeidsregter: Stuart Berry