Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


25°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 62%

Vrydag


24°C / 17°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sport

OP Shakes én Parkes kwyt teen vlugvoetige Luiperds

Deur Michael Green Dinsdag 09 Julie 2013 9:47 nm.

PORT ELIZABETH. – Die OP-Kings moes ses veranderinge aan hul beginspan vir Vrydagaand se Eersteliga-wedstryd hier teen die Luiperds maak.

Al ses is genoodsaak omdat spelers vir diens in die Southern Kings-span opgeroep is. Met die flank Mpho Mbiyozo en agtsteman Aidon Davis by die Superrugby-span, is Thembelani Bholi en Kuselo Moyake as flanke gekies.

Bholi was ’n groot deel van verlede seisoen weens ’n skouerbesering buite aksie, maar is nou weer goed op dreef. Dalton Davis skuif van flank na agtsteman.

Die slot Thabo Mamojele is ook ’n plaasvervanger vir die Southern Kings en Rynier Bernardo vervang hom.

Agterlangs is die OP-Kings hul vleuels kwyt met Hadleigh Parkes en Shakes Soyizwapi wat opgeskuif het.

Die veelsydige Ntabeni Dukisa sal nou regtervleuel wees en die sterk Eben Barnard linkervleuel.

David Maidza, die OP-Kings se afrigter, het gesê sy span is darem nou weer op die regte pad ná verlede week se sege oor die Griffons.

“Ons het ernstig gesels ná die skokkende vertoning in die eerste wedstryd teen die Pumas en die spelers het koppe opgelig.

“Teen die Griffons het ons in die eerste helfte goed gelyk wanneer ons die bal deur fases geneem het en ons het vier drieë gedruk. Daar was egter tye in die tweede helfte dat ons die bal te maklik afgestaan het en ons sal dit nie teen die Luiperds kan bekostig nie.”

* Die Keniaan Daniel Adongo se seisoen is verby nadat hy ’n biseps geskeur het.

Die loskopstut Lizo Gqoboka het van sy borsbesering herstel en sal as plaasvervanger terugkeer.

* OP-Kings: Scott van Breda, Ntabeni Dukisa, Wayne Stevens, Tiger Mangweni (k), Ntabeni Dukisa, Wesley Dunlop, Scott Mathie, Dalton Davis, Kuselo Moyake, Thembelani Bholi, Rynier Bernardo, Samora Fihlani, Ross Geldenhuys, Dane van der Westhuyzen, Brenden Olivier. PLAASVERVANGERS: Albie de Swardt, Lizo Gqoboka, Wayne van Heerden, Renier Erasmus, Dwayne Kelly, Marlou van Niekerk, Andile Jho.