Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Donderdag


24°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Vrydag


22°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Saterdag


23°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


22°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.5mm


Humiditeit 60%

Maandag


25°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 51%

Sport

Nuwe Haai-hulpafrigter het John by Boy’s High geslyp

Smit kies skoolbreier

Jong Bulletjies se Anthony eersdaags deel van lywige afrigtingspan

Deur Christo Buchner Dinsdag 09 Julie 2013 10:10 nm.

JP Pietersen

JOHANNESBURG. – John Smit se rugby-afrigter op hoërskool, Paul Anthony, sluit hom binnekort by die Haaie aan as hulpafrigter vir die Curriebeker-reeks.

Anthony was die laaste klompie jare die Blou Bulle se o.19-afrigter, waar hy besonder goed gevaar het.

Hy was Smit se afrigter by Pretoria Boys’ High en bestempel dit juis as een van sy groot hoogtepunte om die nuwe grootbaas van Haaie-rugby te kon afrig.

Hy was 25 jaar betrokke as afrigter by Boys’ High, en het die eerste span vir 15 jaar geslyp. Dit was in daardie tydperk wat hy Smit, asook Chiliboy Ralepelle (’n Springbok-haker van die Bulle), afgerig het.

Anthony was in 2003 aan die stuur toe Pretoria Boys’ High die eerste keer met die Afrikaanse Hoër Seunskool afgereken het.

As afrigter van die Bulle se o.19’s was hy ses keer by die nasionale eindstryd betrokke. Sukses in daardie eindstryde het hom egter grootliks ontwyk en die afgelope drie jaar het die jong Bulle telkens tweede gekom in die eindstryd.

Anthony sluit hom by Brendan Venter, Brad MacLeod-Henderson en Sean Everitt aan as die Haaie se afrigtingspan vir die Curriebeker-reeks.

Die naam van die voormalige Haaie- en Bok-stut Deon Carstens word ook genoem as iemand wat hom in een of ander stadium by die lywige afrigtingspan kan aansluit as die skrumdokter.

Hoewel die Haaie Anthony se skuif na Durban nog nie amptelik aangekondig het nie, is dit gister uit verskeie oorde bevestig en is dit glo net ’n geval om sy handtekening op die kontrak in te vul.

* Intussen het JP Pietersen, ’n Springbok-vleuel van die Haaie, ook vandeesweek saam met die span begin oefen en kan hy vir Saterdag se Super-stryd teen die Southern Kings op Kingspark oorweeg word.

Meyer Bosman het ook sy besering afgeskud en kan dalk as losskakel uitdraf in die afwesigheid van die geskorste Butch James en die beseerde Patrick Lambie.

Nog kandidate wat vir die nr.10-trui oorweeg kan word, is die heelagter Riaan Viljoen en Fred Zeilinga, wat die losskakel in die Vodacombeker-reeks was.

Pietersen en Bosman kan ook gebruik word om die leemte wat Lambie se afwesigheid in die middelveld laat, te vul.

Sou Viljoen losskakel toe geskuif word, kan Louis Ludik, wat buitesenter in die laaste twee wedstryde gespeel het, sy gereelde posisie op heelagter inneem.

Die losvoorspeler Willem Alberts sal eers môre die eerste keer hierdie week saam met sy spanmaats oefen en sal dan ’n fiksheidstoets aflê.