Kaapstad Verander Area

Vandag


21°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Vrydag


24°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


24°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 70%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Dinsdag


26°C / 16°C

Wind 17km/h


Reënval 0.5mm


Humiditeit 61%

Sport

Habana klop Gary op skouer

Deur Stephen Nell Vrydag 19 Julie 2013 11:12 nm.

Gary van Aswegen

KAAPSTAD. – Die Stormers-losskakel Gary van Aswegen het altyd geglo dat dit net ’n kwessie van tyd sou wees voor hy met ’n vertoning soos die een verlede Saterdag teen die Bulle vorendag kom.

Van Aswegen se balverspreiding en skopwerk was uit die boonste rakke in die oorwinning van 30-13 wat ’n bietjie glans aan ’n teleurstellende Superrugby-veldtog vir die Kapenaars verleen het.

“Ek is bly dat ek kon bewys dat ek op daardie vlak kan presteer en regtig ’n groot verskil kan maak. Die geloof in myself was altyd daar en ek sien uit na die toekoms,” het die 23-jarige losskakel gesê.

Van Aswegen is die laaste paar seisoene bloots gery deur ernstige beserings, en kon daarom nie gouer die potensiaal verwesenlik wat hy op o.21-vlak by die Westelike Provinsie getoon het nie.

Daar is ná die sege oor die Bulle min twyfelaars in Van Aswegen, wat gunstig opgeweeg het teen sy regstreekse teenstander, die Springbok-losskakel Morné Steyn.

“Dit was vir my en Louis (Schreuder) ’n baie goeie geleentheid om teen ’n Springbok-skakelpaar te speel,” het Van Aswegen oor die stryd teen Steyn en Jano Vermaak gesê.

“Hulle is tans die beste in die land en dit was ’n uitstekende uitdaging waarna ons baie uitgesien het. Dit was senutergend en ek is verlig dat dit goed gegaan het.”

’n Volle Curriebeker-veldtog is presies wat Van Aswegen nou nodig het om momentum aan sy loopbaan te gee.

“Ek sien baie uit na die Curriebeker-reeks nadat ek in die Super-reeks ’n bietjie meer speelkans gekry het,” het hy gesê.

“Ons is baie bly dat ons ons laaste vyf wedstryde kon wen en hoop ons kan daardie momentum oordra.”

Die Springbok-vleuel Bryan Habana, wat die naweek na Frankryk vertrek om hom by Toulon aan te sluit, het Van Aswegen lof toegeswaai.

“Gary kan baie positiewe dinge put uit daardie vertoning teen Morné – wat, gemeet aan spelpeil, die beste losskakel in Suid-Afrika is,” het Habana gesê.

“Ek dink Gary lees die spel baie goed. Hy het sy agterlyn op dreef gekry en sy taktiese skopwerk was baie goed. Hy het die laaste klompie seisoene wat ek hier was potensiaal getoon, maar is deur beserings gekortwiek.”

Habana meen die WP kan met goeie rede na die Curriebeker-reeks uitsien.

“Die afrigters kan tevrede voel met die talent tot hul beskikking.”

Volgens Habana kan die vyf seges op ’n streep en dat hulle vyf van die ses spanne geklop het wat in die uitspeelrondes speel, nie geringgeskat word nie.

“Dis opwindende tye. Daar is baie ouens wat weggaan, maar dit gaan geleenthede skep.”