Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

Indiese kolfsterre op SA verkenningstog

Deur Johann de Jager Vrydag 19 Julie 2013 11:14 nm.

BLOEMFONTEIN. – Indië voer duidelik iets in die mou met die sterbelaaide A-span wat hy vir aanstaande maand se krieketreekse hier teen Suid-Afrika se naasbestes gekies het.

Op enkele spelers na is die senior span se topkolwers almal ingesluit in dié A-span wat in ’n driehoekige eendagreeks en twee “toetse” teen Suid-Afrika A gaan speel.

Die enigste afleiding wat daaruit gemaak kan word, is dat Indië solank sy kolwers blootstelling wil gee aan Suid-Afrikaanse toestande voor die senior span aan die einde van die jaar teen die Proteas kom speel.

Twee van Indië se blinkste kolfsterre, Shikhar Dhawan en Cheteshwar Pujara, is in die A-span.

Pujara, met ’n toetsgemiddelde van 65.55 in 13 toetse, was ’n groot kolfster vir Indië in die toetsreekse teen Engeland en Australië.

Dhawan het 187 in sy toetsbuiging in Maart teen Australië gemoker. Hy was ook die topkolwer in die afgelope toernooi om die Kampioene-trofee in Engeland. ’n Handvol spelers van Indië se seëvierende span sal teen Suid-Afrika A in aksie wees.

Suid-Afrika A se breier, Vince Barnes, meen Indië het duidelik ’n plan met die klomp kolwers wat nou in sy A-span ingesluit is. Hy sê die feit dat Indië se breier, Duncan Fletcher, en sy volle Indiese afrigtingspan ook dié groep vergesel, beaam dit.

Dit is geen geheim dat die manne van die subkontinent in Suid-Afrikaanse toestande met die kolf sukkel nie.

Barnes meen veral Suresh Raina is stellig in die groep omdat die Suid-Afrikaanse boulers hom op Indië se vorige besoek maklik met kort aflewerings ontsenu het.

Dié word allig beskou as ’n goeie geleentheid vir hom om selfvertroue hier te kry, volgens Barnes.

* Suid-Afrika A gaan intussen eers twee nie-amptelike toetse teen Australië A speel.

Dié spanne is daarna in die driehoekige reeks met Indië A gewikkel.

Die Aussies het hul Suider-Afrikaanse toer vandeesweek in Harare begin.

Barnes het bevestig die snelbouler Hardus Viljoen sal weens ’n rugbesering wat opgevlam het, nie beskikbaar wees vir die eerste vierdagstryd, wat Woensdag in Pretoria begin, nie.

“Ek wil eerder hê hy moet vir die eendagwedstryde reg wees. As hy herstel, kan hy in aanmerking vir die tweede toets kom.”

* Indië A: Cheteshwar Pujara (k), Shikhar Dhawan, Murali Vijay, Rohit Sharma, Suresh Raina, Ambati Rayudu, Dinesh Karthik, Ajinkya Rahane, Wriddhiman Saha, Parvez Rasool, Shahbaz Nadeem, Shami Ahmed, Stuart Binny, Ishwar Pandey, Jaydev Unadkat, Siddarth Kaul.