Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 7.8mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Nuusflitse
Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie
Sport

Ramaala (41), Harmse (40) in atletiekspan

Deur Johan van Wyk Vrydag 19 Julie 2013 11:05 nm.

JOHANNESBURG. – Die 41-jarige Hendrick Ramaala en die 40-jarige Chris Harmse is in die Suid-Afrikaanse atletiekspan na die wêreldkampioenskappe in Moskou . . . en daar’s nie plek vir Caster Semenya nie.

“Dis vir my iets baie, baie spesiaals dat ek op 40 my land kan gaan verteenwoordig,” het die hamergooier Chris Harmse gister gereageer toe Sport24 hom vertel hy is in die span.

Harmse, wat vanjaar sy 18de agtereenvolgende SA titel gewen het, sê Atletiek Suid-Afrika (ASA) het hom eergister gebel om te hoor of hy vir die span beskikbaar is.

“Ek het ja gesê, omdat Moskou so half in die pad is na die volgende Statebondspele, waar ek vir seker ook nog wil wees. Maar ek het nie geweet ek is toe wel in die span na Rusland toe nie,” het Harmse gesê.

Sy laaste wêreldkampioenskapsbyeenkoms was in 2009 in Berlyn. Hy het in sy lang loopbaan verskeie Olimpiese Spele misgeloop omdat die Olimpiese hamergooi-kompetisies op ’n Sondag plaasvind. In Moskou word die kwalifiserende ronde op die eerste dag (’n Saterdag) en die eindronde die Maandag aangebied.

* Harmse is egter nie die oudste lid van die span nie. Dié eer kom langasem Ramaala toe, wat op ’n rype 41 in Moskou vir die marathon sal aantree.

Semenya, wat laas jaar in Londen die Olimpiese silwermedalje gewen het, het die afgelope Woensdag die eerste keer vanjaar aan ’n byeenkoms deelgeneem. Sy het wel in Finland gewen, maar was ses sekondes buite die Moskouse kwalifiserende vereiste.

Die span bestaan uit 30 lede, waarvan 19 die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se A-kwalifiserende vereistes behaal het. Daar is 22 baan- en veld-atlete, ses marathonners en twee stappers.

Harmse het saam met Lehann Fourie (110-hekkies) en Victor Hogan (diskus) outomaties vir die span gekwalifiseer, omdat hulle Afrika-kampioene is.

In die mans-400-hekkies is die maksimum toegelate getal atlete – drie – gekies: Cornél Fredericks, LJ van Zyl en PC Beneke, terwyl die belowende Anneri Ebersohn in die vroue-item gekies is.

In die verspring het Suid-Afrika drie verteenwoordigers, Khotso Mokoena, Zarck Visser en Lynique Prinsloo, wat al drie die A-vereistes oortref het.

* Suid-Afrika stuur nie ’n enkele aflosspan Moskou toe nie, al hét ’n SA 4x400-aflosspan verlede jaar in Londen op die Olimpiese Spele die vereiste (3:05) oortref.

Nét atlete wat in individuele items gekwalifiseer het, kan in Moskou in aflosspanne hardloop.

Van Zyl, Fredericks en Beneke sou wel saam met Wayde van Niekerk ’n SA span kon vorm, maar eersgenoemde drie kan in hekkies-wedlope betrokke wees wat op dieselfde dae as die aflosse plaasvind.

*SA atletiekspan na Moskou:

Mans: Anaso Jobodwana (100, 200), Akani Simbani (100), Wayde van Niekerk (400), André Olivier (800), Johan Cronjé (1 500), Elroy Gelant (5 000), Steven Mokoka (10 000), Lobogang Shange (20 km-stap), Marc Mundell (50 km-stap), Lehann Fourie (110-hekkies), Cornél Fredericks, LJ van Zyl en PC Beneke (al drie 400H), Khotso Mokoena, Zarck Visser (albei VS), Orazio Cremona (GS), Victor Hogan (DG), Chris Harmse (HG), Robert Oosthuizen (SG), Willem Coertzen (10K), Lusapho April, Sibusiso Mzima en Hendrick Ramaala (al drie marathon).

Vroue: Justine Palframan (200), Anneri Ebersohn (400H), Lynique Prinsloo (VS), Sunette Viljoen (SG), Irvette van Zyl, Tanith Maxwell en Cornelia Joubert (al drie marathon).