Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Twyfel oor olike Cheetahs-slot

Waltie: Naka hou asem op

Caylib dalk op bank in Canberra

Deur Jóhann Thormählen Vrydag 19 Julie 2013 10:50 nm.

BLOEMFONTEIN. – Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter, het kort voor môre se Superrugby-uitspeelwedstryd teen die Brumbies skielik ekstra huiswerk bygekry nou dat een van sy plaasvervangers moontlik sal moet uitsit.

Waltie Vermeulen, die Cheetahs se enigste plaasvervanger-slot in Australië, het onverwags siek geword en daar word duim vasgehou dat hy vir die Canberra-stryd sal herstel.

Drotské-hulle kan boonop nie betyds ’n ander plaasvervanger van Suid-Afrika ontbied nie, aangesien dit te kort voor die kragmeting is.

Vir iemand om oorsee te vlieg, sal Vermeulen boonop eers huis toe gestuur moet word.

Dus sal hulle met die 24 spelers, wat die stut Caylib Oosthuizen en losskakel Francois Brummer insluit, moet klaarkom as Vermeulen, wat dalk waterpokkies het, steeds olik is.

Volgens Hawies Fourie, die Cheetahs se agterlyn-afrigter, sal die besoekers se mediese span hom tot môre kans gee om te herstel voor ’n finale besluit oor sy beskikbaarheid geneem word.

Vermeulen se moontlike onttrekking is net wat die Cheetahs nié nou nodig gehad het nie, aangesien hulle danksy ’n loslootjie ’n goeie week en ’n half in Suid-Afrika en Sydney vir die uitklopstryd geslyp het.

Indien Vermeulen uit is, sal Drotské vier stutte in sy 22-tal moet insluit. Oosthuizen is die enigste ekstra voorspeler-plaasvervanger Doer Onder.

Die ander stutte is Lourens Adriaanse en Coenie Oosthuizen wat begin, met Trevor Nyakane op die plaasvervangersbank.

Dus sal Lood de Jager en Ligtoring Landman die fort vir 80 minute op slot moet hou, met die flank Lappies Labuschagné of agtsteman Philip van der Walt wat in dié posisie sal moet uithelp indien beserings dit vereis.

Die plaasvervanger-losvoorspeler, Boom Prinsloo, sal in een van laasgenoemde twee se plekke opgestuur word.

Labuschagné het op skool hier aan Grey-kollege slot gespeel en is ook ’n belangrike ranker.

Van der Walt het ook al vantevore danksy sy lengte en ook omdat hy ’n goeie lynstaanman is op slot uitgehelp.

Hy het byvoorbeeld in 2011 se Curriebeker-halfeindstryd teen die Haaie in Durban vir die Vrystaat as slot begin. Dit was noodgedwonge omdat die besoekers toe weens beserings ook in dié posisie uitgedun was.

Maar die Cheetahs sal hoop bogenoemde skuiwe is nie nodig nie, selfs al is Vermeulen dalk nie ’n plaasvervanger nie.

Van der Walt-hulle sal juis voorlangs, nes in hul laaste ligawedstryd hier teen die Blues, wil oorheers en sodoende die tuisspan ontsenu. Die Cheetahs het veral teen die Blues goed geskrum en gedryf.

* Brumbies: Jesse Mogg, Henry Speight, Tevita Kuridrani, Christian Lealiifano, Clyde Rathbone, Matt Toomua, Nic White, Ben Mowen (k), George Smith, Peter Kimlin, Sam Carter, Scott Fardy, Ben Alexander, Stephen Moore, Scott Sio. PLAASVERVANGERS: Siliva Siliva, Ruan Smith, Fotu Auelua, Colby Faingaa, Ian Prior, Andrew Smith, Joe Tomane.

* Cheetahs: Hennie Daniller, Willie le Roux, Johann Sadie, Robert Ebersohn, Raymond Rhule, Riaan Smit, Piet van Zyl, Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Heinrich Brüssow, Ligtoring Landman, Lood de Jager, Lourens Adriaanse, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Trevor Nyakane, Waltie Vermeulen, Boom Prinsloo, Sarel Pretorius, Elgar Watts, Rayno Benjamin.

Skeidsregter: Glen Jackson (Nieu-Seeland).