Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 75%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 12.9mm


Humiditeit 72%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 5.5mm


Humiditeit 66%

Vrydag


22°C / 15°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Sport

Griekwas se Martin kry ’n onverwagte bos maanhare

Deur Gerdie Karstens Dinsdag 30 Julie 2013 9:46 nm.

Jaco Nepgen (in lug) is een van Griekwas se Curriebeker-rankers.

BLOEMFONTEIN. – Die gewese Griekwas- en Cheetahs-slot Martin Muller het ewe skielik ’n bos maanhare gekry.

Die 25-jarige slot het gister aan Sport24 bevestig dat hy in die komende Curriebeker-reeks die rooibontstrepe van die Leeus op sy rug gaan dra.

Dit volg nadat Muller nog onlangs nie presies seker was waar hy sy rugby sou speel nie.

Daar was sprake dat hy Griekwas vir die Vrystaat sou verruil ná die Superrugby-reeks, maar dit is later deur ’n moontlike skuif na die Walliese klubspan Newport Gwent Dragons in die kiem gesmoor.

Sy planne om vir die Dragons te speel het deur die mat geval en met die Vrystaat wat in rankers soos Lood de Jager, Waltie Vermeule, Francois Uys en Andries Ferreira reeds genoeg slotdiepte het, was daar geen heenkome meer in die Rosestad nie.

“Ek het aanvanklik by Newport geteken, maar weens die oordraggeld was daar verskille wat nie uitgestryk kon word nie.

“Nou gaan ek vir die Leeus in die Curriebeker speel. Ek is eintlik aan die een kant bly dat ek in Suid-Afrika my rugby kan speel,” het Muller gister gesê.

Griekwas het glo probeer om Muller se dienste te behou, maar hy sal nou waarskynlik deur die Leeus-breier, Johan Ackermann, gebruik word om die leemte te vul wat Hendrik Roodt se vertrek oorsee in die lynstane gaan laat. Roodt het glo met die Franse Top14-klub Grenoble ’n kontrak gesluit.

Muller word wyd as ’n lynstaanmeester beskou en Ackermann sal weet watter belegging hy in die Rooibontes se lynstaanspel gemaak het.

Muller was juis verlede jaar aan die stuur van Griekwas se lynstane, voordat ’n enkelbesering sy deelname aan die Super-reeks kortgeknip het. Vanjaar het hy van ’n liesbesering las gehad, ’n skeet waarvan hy nog nie 100% herstel het nie.

“Die lies is steeds nie wat hy moet wees nie. Hopelik sal ek vir die begin van die Curriebeker-reeks 100% herstel het.”

* Griekwas het slotte soos Ligtoring Landman, Jaco Nepgen en Hilton Lobberts vir die Curriebeker-reeks.