Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


23°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 51%

Sondag


22°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 62%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


24°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sport

Haaie kry Graaff en nóg twee aanwinste

Deur Christo Buchner Dinsdag 30 Julie 2013 9:53 nm.

Hansie Graaff

JOHANNESBURG. – Hansie Graaff is ook nou ’n Haai.

Dié 23-jarige losskakel van die Griffons is saam met die voormalige Blou Bul-stut Rayno Gerber en die flank van Griekwaland-Wes Justin Downey die nuutste aanwinste vir die Haaie in die Curriebeker-rugbyreeks.

Hulle is almal al vandeesweek saam met die Haaie op ’n oefenkamp aan die Natalse Noordkus.

Graaff word as ’n baie belowende speler beskou. Hy was al deel van die nasionale sewesrugbygroep en ’n veelsydige agterspeler wat van losskakel tot heelagter in elke posisie ingespan kan word.

Hy het aanvanklik op die toneel verskyn vir die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) in die Varsitybeker-reeks voordat hy rugby in Welkom gaan speel het.

Sy koms is grootliks om vir die verlies van Meyer Bosman na Frankryk te vergoed.

Benewens die Blou Bulle, het die vaskopstut Gerber ook vir Leeds Carnegie en Stade Francais in Europa gespeel.

Wat die kantman Downey betref, is dit ’n geval dat hy huis toe kom. Hy was voorheen by die Haaie voordat hy die laaste paar seisoene vir die Poubloues en soms ook vir die Cheetahs in Super-rugby gespeel het.

Die oefenkamp, wat die afgelope naweek begin het, eindig môre, waarna daar Vrydag nie-amptelike wedstryde teen klubspelers uit KwaZulu-Natal gespeel word.

Die kamp bied die nuwe afrigtingspan van Brendan Venter, Brad MacLeod-Henderson en Sean Everitt die geleentheid om vertroud te raak met die spelers en hul visie oor te dra.