30 Augustus 13:53
14°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 14°C

Wind 17km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 87%

Maandag


17°C / 14°C

Wind 48km/h


Reënval 4mm


Humiditeit 79%

Dinsdag


17°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 69%

Woensdag


18°C / 13°C

Wind 24km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 64%

Donderdag


19°C / 12°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 62%

Vrydag


21°C / 14°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 56%

Sport

Bulle hou vas aan dié jong Turke

Deur marco botha Woensdag 31 Julie 2013 17:50
PRETORIA. – Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het Woensdag die kontrakte van ’n gros van sy voorste junior spelers verleng.
Hulle is Jacques Rossouw (heelagter), Travis Ismaiel (vleuel), Irné Herbst, Dennis Visser, Schalk van Heerden (almal slotte) en Jacques du Plessis (veelsydige voorspeler). Hierdie spelers se nuwe kontrakte verstryk op 31 Oktober 2015.
Nóg drie spelers het hul kontrakte met ’n jaar na 31 Oktober 2014 verleng. Hulle is Paul Willemse (slot), Lood de Jager (senter) en Dries Swanepoel (senter).
Volgens Xander Janse van Rensburg, hoëprestasiebestuurder van die BBM, verteenwoordig hierdie spelers nie net die toekoms van Blou Bul-rugby nie, maar ook Suid-Afrikaanse rugby.
“Hierdie is werklik ’n top-generasie spelers wat nou deurkom en ons is opgewonde om hulle vir nog langer in ons strukture te hê. Hulle verteenwoordig ook die toekoms van Suid-Afrikaanse rugby, soos wat ’n mens by ’n paar van hulle in Junior Springbok-gewaad gesien het,” het Janse van Rensburg gesê.
Die BBM sal na verwagting in die komende week of weke ’n paar aankondigings oor kontrakte vir nuwe senior spelers maak.