Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Sport

Dan Carter wéér op krukke

Deur sapa-afp Dinsdag 13 Augustus 2013 8:14 vm.

Dan Carter sal weens 'n kuitbesering nie vir die All Blacks uitdraf wanneer hulle die Wallabies Saterdag in Sydney pak nie. Foto: AP

WELLINGTON. - Dan Carter het 'n kuitbesering tydens 'n oefensessie vererger en sal nie vir die All Blacks se Rugbykampioenskap-openingswedstryd teen Australië oorweeg word nie.
Spandokters het gesê die losskakel sal beslis Saterdag se kragmeting in Sydney en volgende week se wedstryd in Wellington misloop en hy kan straks vier weke op die krukkelys wees.
Aaron Cruden sal die 31-jarige Carter in die nr.10-trui vervang.
Carter het verlede week bevestig dat hy volgende jaar 'n blaaskans van ses maande gaan neem in 'n poging om sy rugbyloopbaan tot die 2015 Wêreldbeker-toernooi te verleng.