Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


26°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 74%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Sport

Pienaar op nr. 9 teen Poemas?

Dinsdag 13 Augustus 2013 7:14 vm.

Vir wie gaan Heyneke Meyer die nr.9-trui gee Saterdag teen Argentinië? Foto: Gallo Images

JOHANNESBURG. - Ruan Pienaar kan straks in die nr. 9-trui uitdraf wanneer die Springbokke Argentinië Saterdag in die openingswedstryd van die Rugbykampioenskap-reeks op die FNB-stadion in Soweto pak.
Die SuperSport-webtuiste het berig dat Pienaar Maandagmiddag meestel op nr. 9 gespeel het tydens die Bokke se oefensesie by Fourways Hoërskool.
Fourie du Preez kan moontlik op die plaasvervangersbank gekies word.
Du Preez het skerp gelyk vir 'n speler wat vier maande laas gespeel het en die breier, Heyneke Meyer, was duidelik beïndruk met sy vertoning op die oefenveld.
Meyer het gesê hy sal Dinsdag of Woensdagoggend 'n besluit maak oor wie hy in die nr. 9-trui gaan kies.