23 Mei 06:13
12°C / 20°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


20°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 71%

Sondag


21°C / 13°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Maandag


19°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 57%

Dinsdag


19°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 1.3mm


Humiditeit 72%

Woensdag


19°C / 14°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 12°C

Wind 18km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 68%

Sport

rugbykampioenskap

Duane, Pienaar draf uit vir Bokke

Deur sapa Woensdag 14 Augustus 2013 14:11

Duane Vermeulen sal Saterdag op agtsteman teen Argentinië uitdraf. Foto: Gallo Images

KAAPSTAD. - Heyneke Meyer het vier veranderings gemaak aan die Springbok-span wat Argentinië Saterdag in die Rugbykampioenskap-wedstryd by die FNB-stadion in Soweto pak.
Duane Vermeulen is terug in aksie nadat hy lank op die krukkelys was en sal die beseerde Pierre Spies op agtsteman vervang.
Juandré Kruger is bo Flip van der Merwe in die nr. 5-trui gekies en sal saam met Eben Etzebeth die Bokke se slotpaar wees.
Ruan Pienaar behou sy nr. 9-trui ondanks Fourie du Preez se terugkeer na die span.
Du Preez is op die plaasvervangerbank saam met die ervare stut Gurthrö Steenkamp.
“Kontinuïteit was vanjaar ons sleutel tot sukses en daarom het ons gekies om nie te veel veranderings te maak vir Saterdag se toets nie,” het Meyer gesê.
“Dit is wonderlik om vir Duane terug te hê op agtsteman terwyl Juandré die afgelope seisoen goeie werk in die lynstane verrig het,” het Meyer by Woensdag se spanaankondiging gesê.
Afskoptyd Saterdag is om 17:00.
Die Springbok-span is: 15. Willie le Roux, 14. Bjorn Basson, 13. JJ Engelbrecht, 12. Jean de Villiers (kaptein), 11. Bryan Habana, 10. Morné Steyn, 9. Ruan Pienaar, 8. Duane Vermeulen, 7. Willem Alberts, 6. Francois Louw, 5. Juandré Kruger, 4. Eben Etzebeth, 3. Jannie du Plessis, 2. Adriaan Strauss, 1. Tendai Mtawarira 
Plaasvervangers: 16. Bismarck du Plessis, 17. Gurthrö Steenkamp, 18. Coenie Oosthuizen, 19. Flip van der Merwe, 20. Siya Kolisi, 21. Fourie du Preez, 22. Pat Lambie, 23. Jan Serfontein

Argentinië: 15. Juan Martin Hernandez, 14. Gonzalo Camacho, 13. Marcelo Bosch, 12. Felipe Contepomi (kaptein), 11. Juan Imhoff, 10. Nicolas Sanchez, 9. Martin Landajo, 8. Leonardo Senatore, 7. Juan Manuel Leguizamon, 6. Pablo Matera, 5. Patricio Albacete, 4. Manuel Carizza, 3. Matias Diaz, 2. Eusebio Guinazu, 1. Juan Figallo

Plaasvervangers: 16. Agustin Creevy, 17. Nahuel Lobo, 18. Juan Pablo Orlandi, 19. Mariano Galarza, 20. Julio Farias Cabello, 21. Tomas Cubelli, 22. Santiago Fernandez, 23. Horacio Agulla