Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 40.8mm


Humiditeit 86%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 68%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Sport

curriebeker

Jantjies draf uit teen Haaie

Woensdag 14 Augustus 2013 11:48 vm.

Elton Jantjies is terug in die nr.10-trui vir die Leeus se Curriebeker-stryd teen die Haaie in Durban. Foto: AP

JOHANNESBURG. - Elton Jantjies is terug in die Leeus se vyftiental vir Vrydag se Curriebeker-stryd teen die Haaie in Durban nadat hy op die plaasvervangerbank was tydens die span se tuisnederlaag verlede naweek teen die Cheetahs.

Jantjies vervang Marnitz Boshoff, wat na die heelagter-posisie skuif.

Robert de Bruin sal in die plek van die beseerde Stokkies Hanekom op buitesenter uitdraf, en onder die voorspelers ruil Jaco Kriel en Warwick Tecklenburg plekke op flank.

Die Haaie het twee noodgedwonge veranderings aan hul beginspan aangebring: Die voormalige Kings-speler SP Marais maak sy debuut en vervang Sizo Maseko, wat las van 'n dyspierbesering het, op vleuel.Heimar Williams sal uitdraf op binnesenter nadat Tim Whitehead 'n rib- en enkelbesering in verlede naweek se nederlaag teen die Griekwas opgedoen het. 

Afskoptyd Vrydag is om 17:05.

Die Haaie se span is: 15 Odwa Ndungane, 14 SP Marais, 13 Louis Ludik, 12 Heimar Williams, 11 Lwazi Mvovo, 10 Butch James, 9 Charl McLeod, 8 Jacques Botes (kaptein), 7 Jean Deysel, 6 Brynard Stander, 5 Marco Wentzel, 4 Edwin Hewitt, 3 Wiehahn Herbst, 2 Kyle Cooper, 1 Dale Chadwick.

Plaasvervangers: 16 Craig Burden, 17 Rayno Gerber, 18 Peet Marais, 19 Tera Mtembu, 20 Cobus Reinach, 21 Fred Zeilinga, 22 Jaco van Tonder

Die Goue Leeus is: 15 Marnitz Boshoff, 14 Deon Helberg, 13 Robert De Bruin, 12 Dylan Des Fountain, 11 Anthony Volmink, 10 Elton Jantjies, 9 Guy Cronje, 8 Willie Britz, 7 Derick Minnie (kaptein), 6 Jaco Kriel, 5 Hugo Kloppers, 4 Chris van Zyl, 3 Ruan Dreyer, 2 Martin Bezuidenhout, 1 Jacques Van Rooyen.

Plaasvervangers: 16 Robbie Coetzee, 17 CJ van der Linde, 18 Lambert Groenewald, 19 Warwick Tecklenburg, 20 Tian Meyer, 21 Lionel Cronje, 22 Chrysander Botha