Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 19°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Dinsdag


27°C / 19°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Woensdag


29°C / 20°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Donderdag


27°C / 19°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


26°C / 18°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Sport

Argentyne verwag ‘die ergste’ teen Bokke

Deur Marco Botha Donderdag 15 Augustus 2013 9:17 nm.

Felipe Contepomi

SANDTON. – Wat verwag die Poemas van môre se rugbytoets teen die Springbokke? Volgens hul kaptein, Felipe Contepomi, “die ergste . . .”

“Suid-Afrika is die beste span ter wêreld. Wel, dalk net ’n klein bietjie agter Nieu-Seeland. Maar steeds,” het Contepomi gesê toe hy oor sy span se eerste wedstryd in die tweede Rugby-kampioenskap gepols is.

En tog voorsien hy vir hulle ’n beter begin as verlede jaar, toe die Poemas op Nuweland met 6-27 die knie gebuig het.

“Verlede jaar was vir ons ’n jaar van eerstes. Dis moeilik om te sê of ons voorbereiding vanjaar beter of slegter is as verlede jaar. Maar ons is beslis ’n meer ervare span, en Suid-Afrika sal vir 80 minute moet speel as hulle teen die einde van die wedstryd wil kan sê dat hulle beter as ons is,” meen dié kaalkopsenter.

Sulke uitsprake dui egter nie op ’n gebrek aan agting vir hul teenstander nie.

“Ons moenie vergeet dat Suid-Afrika vyf jaar gelede die Wêreldkampioen was nie. Dit is vir ons ’n baie groot ding om twee keer per jaar teen die drie beste spanne ter wêreld te speel.

“Ek beskik nie oor ’n kristalbal nie, maar ek sal wil glo dat ons vinniger gras onder ons voete sal kry in die Rugby-kampioenskap (as wat Italië byvoorbeeld in die Sesnasies gedoen het).

“Die tweede jaar in so ’n reeks is egter die moeilikste, want jy sal werklik moet wys dat jy beter geword het en dat jy daar hoort. Dit is vir ons ’n uitdaging. Dit is altyd moeilik om teen die Springbokke te speel.”

Die Poemas speel wel teen ’n meer afgeronde span as verlede jaar, en veral twee spelers verleen aan die Bokke ’n ander dimensie aan hul spel – Francois Louw en Willie le Roux.

Die Springbokke het Argentinië verlede jaar in Mendoza sonder ’n erkende baljagter aangedurf en daardie droewige wedstryd eindelik met 16-16 gedeel. Louw het intussen ’n groot invloed op die span gehad.

Ook Le Roux het homself in die Junie-toetse bewys as iemand wat nie noodwendig drieë druk nie, maar wel oor ’n seldsame deug beskik om ruimte en gevolglik drieë te skep. Vir Contepomi-hulle is hierdie spelers onbekende faktore in die Suid-Afrikaanse arsenaal.