Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 18°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 25km/h


Reënval 0.5mm


Humiditeit 56%

Dinsdag


27°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Woensdag


33°C / 18°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 39%

Donderdag


33°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Vrydag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 5.5mm


Humiditeit 58%

Nuusflitse
​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind Vroue sterf toe muur op hulle val Dominee sterf ná fratsongeluk Tiener vas ná vroue op Tafelberg beroof is Filippyne-ontploffing eis 1, 37 gewond Soweto-plundery: Meer as 150 in hegtenis Anwa Dramat se skorsing onwettig verklaar Motorbrand-tragedie: 2 seuns sterf Britse vrou sterf in Thailand weens borsinfeksie Jackie Selebi sterf in Pretoria 5 stories wat jy nie mag mis nie ​Tyd raak min vir Japanse gyselaars Marthinus dalk gou ambassadeur in Griekeland Prins Andrew ontken in openbaar seksaantygings Koning van Saoedi-Arabië sterf Swak dienslewering knou Brandfort Dwelms: Jhb-man kry doodstraf op verjaarsdag Antraks-dreigement in Centurion Tronkbewaarders gesteek in moontlike ‘benderitueel’ Soweto-geweld: 68 in hegtenis Kaalbors en terug op bl. 3! Tony Ehrenreich van Cosatu wil sy geld uitdeel Mense speel ‘slagter’ toe voertuig met beeste omslaan 2 sterf toe man handgranaat in polisiestasie gooi Oudlanddros se kinders verwyder WhatsApp nou op rekenaar Man skiet glo Boston-dokter uit wraak Polisiekaptein vas oor hy glo wapens aan rowers leen Verkeersbeamptes dreig vrou oor R3,50 vir parkering Zuma praat oor kragkrisis Vrou sê man wou haar 'lelik' maak met suur
Sport

VRAE OOR Ruan, MORNÉ SE BOk-TOEKOMS

Pienaar en Steyn môre in spervuur

Meyer soek 9, 10 vir 2015 se Wêreldbeker

Deur Pieter Jordaan Donderdag 15 Augustus 2013 20:50

Die Bokke se nr. 9-trui is môre vir die ervare Ruan Pienaar in die toets teen Argentinië op die spel. Foto: Steve Haag | Gallo Images

JOHANNESBURG. – Ruan Pienaar en Morné Steyn se Springbok-toekoms is opnuut op die spel wanneer hulle môre in Soweto vir die tiende keer saam as die Bokke se skakelpaar saamspan.

Heyneke Meyer is op soek na ’n skakelpaar wat die Wêreldbeker in 2015 vir Suid-Afrika kan help wen en het 24 maande oor om ’n besluit oor die uitverkorenes te maak.

Eers moet Pienaar en Steyn, albei nou 29, môre in die FNB-stadion verby Argentinië kom. Maar die gifpenne staan ook gereed om ’n oordeel oor die langtermyn-vooruitsigte van dié twee te vel.

Albei speel hul rugby nou oorsee – en Meyer se behoefte om aan plaaslike spelers voorkeur te gee kan Pienaar en Steyn veral knou as hulle nie na wense in die Rugby-kampioenskap presteer nie.

Albei word as goeie taktiese skoppers, wat Meyer se patroon onder die knie kan kry, beskou – maar albei het kritici wat reken hul beste rugby is geskiedenis.

Steyn het tog ’n voortreflike Super-reeks saam met die Bulle beleef en sy stelskopwerk was veral goud werd vir sy span.

Maar dié seisoen het reeds baie van Steyn geëis. Hy het in ál 17 die Bulle se wedstryde gespeel en daarna ook in al drie die Bok-toetse in Junie.

Meyer se keuses vir sy skakelpaar is toegegee kwaai beperk, met die talentvolle losskakel Johan Goosen beseer en skrumskakeldiepte ’n probleem.

Fourie du Preez, eens die Bokke se taktiese meesterbrein, is wel ná ’n lang afwesigheid terug en kan môre as plaasvervanger wys sy 31 jaar maak hom lank nog nie oor die muur nie.

Hy speel egter ook sy rugby oorsee, maar het ál Meyer se agting en sy teenwoordigheid behoort vuur onder Pienaar te maak.

Pienaar het die afgelope jaar selde bogemiddeld vir die Bokke presteer. Hy is egter veelsydig en kan as losskakel uithelp as die nood druk. Van die 14 kere dat Pienaar, in die beginspan of as plaasvervanger as losskakel vir die Bokke gespeel het, het die span 13 keer gewen.

Die Bokke se wensyfer met Pienaar en Steyn as begin-skakelpaar is 56%, terwyl die span 64% van sy 14 wedstryde met Du Preez en Steyn as begin-skakelpaar gewen het.

Du Preez en Pienaar is in 2009 in drie wentoetse saam as die Bok-skakelpaar gebruik.

“Albei is uitstaande met hul diens en speel dieselfde soort rugby.

“Ek is baie gelukkig om saam met albei te speel,” het Steyn dié week oor Pienaar en Du Preez gesê.