Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 4.2mm


Humiditeit 48%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Maandag


30°C / 17°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 33%

Dinsdag


32°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 29%

Woensdag


29°C / 18°C

Wind 21km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 48%

Nuusflitse
Bloemfonteinse polisieman sterf in motorfietsongeluk Ontvoerde Duitsers in Paraguay dood gevind Van Breda's: Vriendin van gesin neem haar eie lewe Bedfordsentrum: Transito-baasbrein vas Treinwa ontspoor in Kaapstad Rentekoers bly onveranderd Max du Preez kry nuwe ‘tuiste’ Vrou in haar Witbank-huis aangeval ​Gene Hackman-gerugte is onwaar AirAsia-ramp: Mede-vlieënier het vliegtuig gevlieg Islamitiese Staat verleng sperdatum vir terroris se vrylating Thomas Ferreira se lewe 'beëindig' - landdros Bylmoorde: Pa was bekommerd oor misdaadsituasie ​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog
Sport

Skok ná Wimbledon-wenner haar uittrede aankondig

Deur afp Donderdag 15 Augustus 2013 07:47

Marion Bartoli Foto: Reuters

CINCINNATI (Ohio). – Die Wimbledon-vrouekampioen, Marion Bartoli, het Woensdag haar uittrede aangekondig nadat sy in die tweede ronde van die Cincinnati-meesterstoernooi teen Roemenië se Simona Halep verloor het.
Bartoli, wat die Wimbledon-titel ses weke gelede gewen het, het die skokaankondiging ná die nederlaag van 3-6, 6-4, 6-1 gemaak.
"Dit is tyd vir my om af te tree. Ek voel dit is tyd om weg te stap," het die 28-jarige Bartoli gesê.
"My liggaam kan dit net nie meer doen nie."
Die aankondiging kom slegs twee weke voor sy aan die Amerikaanse Ope in New York sou deelneem.
Bartoli het gesê Wimbledon het haar gehelp om goed te speel, maar dit het ook fisiek en geestelik sy tol geëis.
"Ek het sedert die begin van die jaar baie beserings gehad. Ek was al so lank op toer en ek het regtig deurgedruk.
"Ek voel regtig ek het alles gegee wat ek in my oor gehad het. Ek het my droom bewaarheid en dit sal my vir ewig bybly, maar my liggaam kan net nie meer alles hanteer nie."
Bartoli, wat sewende gekeur is op die wêreldranglys, het die afgelope paar jaar met 'n rits beserings gesukkel. Sy het sedert haar Wimbledon-oorwinning slegs drie wedstryde gespeel en het haar in Julie aan verskeie geleenthede onttrek weens buikspierbeserings.
Sy het verlede week haar wedstryd teen die Amerikaner Lauren Davis gewen, maar die volgende dag teen die 33ste gekeurde Magdalena Rybarikova verloor.
"Ná slegs 45 minute of 'n uur se spel het ek oral pyn. Ek doen dit al so lank, en ja, liggaamlik kan ek dit net nie meer doen nie.
"Ná slegs een stel pyn my hele liggaam. Almal sal my Wimbledon-titel onthou – niemand sal die laaste wedstryd onthou wat ek hier gespeel het nie."