Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 10.5mm


Humiditeit 73%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Saterdag


25°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 41km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie
Sport

Adriaanse in 2014 ’n Haai

Stut-skok vir GW, Cheetahs

Sluit aan by Hewitt, Downey in Durban

Deur Gerdie Karstens Donderdag 15 Augustus 2013 7:58 nm.

Koebaai. Die hardwerkende Lourens Adriaanse is van volgende jaar af ’n Haai. Hy speel wel nog vanjaar vir Griekwas in die Curriebeker-reeks. Foto: Conrad Bornman

BLOEMFONTEIN. – ’n Yslike terugslag het die Cheetahs en Griekwas getref met die nuus dat die stut Lourens Adriaanse vir 2014 ’n kontrak met die Haaie gesluit het.

Die woelige stut sal nog vir die duur van die Curriebeker-reeks by Griekwas betrokke wees, maar van volgende jaar af teen die Cheetahs in die Superrugby-reeks die skrum-vuur help stook.

Adriaanse is die derde speler van Griekwas wat deur die Haaie opgeraap word. Die slot Edwin Hewitt en flank Justin Downey is ook deesdae Durbaniete.

Dit is juis by die sentrale streekspan waar Adriaanse wasdom bereik het wat sy skrumwerk en algemene spel betref. Saam met Coenie Oosthuizen, Trevor Nyakane en Adriaan Strauss het hy vanjaar ’n gedugte voorry gevorm en is almal deur die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, met ’n uitnodiging na die Bok-groep beloon.

By die Haaie sal hy met die Bok-stut Jannie du Plessis om deelname aan die Super-reeks meeding, maar hy behoort die eerste keuse vir 2014 se Curriebeker te wees sou Du Plessis Bok-verpligtinge hê.

Die 25-jarige Adriaanse is sekerlik nie om dowe neute deur Meyer by die Bok-groep vir die onlangse toetse teen Italië, Skotland en Samoa betrek nie.

Die 31-jarige Du Plessis het waarskynlik nie meer jare se rugby oor nie en Meyer sal nou reeds na ’n geskikte plaasvervanger vir hom op soek wees.

Adriaanse blyk daardie oplossing te wees, nadat hy nie net in die Super-reeks nie, maar ook verlede naweek teen die Haaie gewys het wat in hom steek.

Dit was Adriaanse wat aan die spits van Griekwas se oorheersing in die skrums gestaan het en dit was hy wat met plettervatte op ’n Bok-flank soos Jean Deysel die Noord-Kapenaars aangevuur het.

Die Noord-Kapenaars sal nog vir die duur van die reeks uit sy hoë werketiek en yster-skrumwerk kan munt slaan, maar Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, het gister die skuif na Durban bevestig.

“Lourens het ’n baie goeie aanbod van die Haaie gekry en besluit om dit te aanvaar. Ons het probeer om hom in Kimberley te hou, maar dit was uiteindelik net nie moontlik nie,” het Van Rooyen gesê.

Van Rooyen het goeie nuus vir Griekwas gehad met die heelagters Danie Dames (Luiperds) en Jacquin Jansen (Boland) asook die senter Jonathan Francke (Boland) wat in 2014 die Diamantstad hul tuiste sal maak.

* Griekwas sal vanaand weer swaar steun op Adriaanse se skrumtegniek in hul wedstryd teen die Blou Bulle in Pretoria.

* Blou Bulle: Jurgen Visser, Sampie Mastriet, Ulrich Beyers, Francois Venter, Travis Ismaiel, Tony Jantjies, Rudy Paige, Jono Ross (k), Jacques du Plessis, Wiaan Liebenberg, Grant Hattingh, Paul Willemse, Werner Kruger, Callie Visagie, Morné Mellett. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Marcell van der Merwe, Wilhelm Steenkamp, Jean Cook, Ruan Snyman, Waylon Murray, Clayton Blommetjies.

* Griekwas: Gouws Prinsloo, Nico Scheepers, JP Nel, Howard Mnisi, PJ Vermeulen, Francois Brummer, Jacques Coetzee, Burger Schoeman, Jonathan Adendorf, Carel Greeff, Jaco Nepgen, Hilton Lobberts, Lourens Adriaanse, Ryno Barnes (k), Steph Roberts. PLAASVERVANGERS: Matt Dobson, Nick Schonert, RJ Liebenberg, Leon Karemaker, Marnus Hugo, Du Randt Gerber, Rocco Jansen.

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

Afskop: 19:10.