02 September 08:24
12°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 12°C

Wind 29km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


18°C / 12°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


18°C / 13°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 65%

Saterdag


21°C / 14°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 58%

Sondag


21°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 66%

Maandag


16°C / 13°C

Wind 21km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 85%

Sport

Stadion ondersoek vir skade ná NS-aardbewing

Deur afp Vrydag 16 Augustus 2013 09:09
WELLINGTON (Nieu-Seeland). – Ingenieurs sal ondersoek instel na moontlike strukturele skade by die Wellington-stadion nadat 'n aardbewing van 6,8-sterkte die sentrale gebied van Nieu-Seeland geskud het.
Dié ondersoeke word gedoen voor die All Blacks volgende naweek hul tweede Rugbykampioenskap-wedstryd hier sal speel.
Die stadion, wat 34 500 toeskouers kan huisves, sal gesluit wees totdat die ondersoeke die naweek afgehandel is, het die bestuur van die stadion in 'n telefoniese boodskap gesê.
Alle aktiwiteite wat die naweek by die stadion gehou sou word, is gekanselleer. Die stadion is op die noordelike grens van die sentrale sakedistrik van Wellington geleë.
Owerhede het gesê die aardbewing het geringe skade in die sentrale gedeelte van Wellington veroorsaak.
Die All Blacks kom Saterdag te staan teen die Wallabies in die openingswedstryd van die Rugbykampioenskap in Sydney, Australië. Die All Blacks speel op 24 Augustus hul tweede wedstryd in Wellington.