Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

Aussie kan GW-buiging maak

Deur Gerdie Karstens Sondag 18 Augustus 2013 9:34 nm.

BLOEMFONTEIN. – Griekwas se nuwe slot-aanwins uit Australië, Rory Arnold, sal moontlik Saterdag teen die Westelike Provinsie reeds sy eerste proesel Curriebeker-rugby kry.

Die Poubloues se afrigter, Pote Human, het bevestig dat Arnold van vandag af geweeg sal word met die oog op moontlike speelkans teen die Streeptruie op GWK-park in Kimberley.

Dit verbaas nie dat Human die 23-jarige van 127 kg en 2.08 m betrokke wil kry nie. Hy kan as plaasvervanger vir Ligtoring Landman (duim) die vonk verskaf wat Vrydag in die Poubloues se nederlaag van 9-15 teen die Blou Bulle in Pretoria makeer het.

“Rory is nog nuut in die stelsel. Dit is vir hom ’n nuwe land, nuwe taal en nuwe kompetisie; so hy pas nog aan. Maar ons gaan vandeesweek beslis kyk of hy gereed is,” het Human gesê.

Die afrigter het maar min positiewe dinge oor die Bul-stryd kwytgeraak, ’n kragmeting waarin Griekwas net nooit aan die verwagtinge voldoen het nie nadat hulle die Haaie die week vantevore in Durban afgestof het.

Die besoekers se vertolking van die nuwe skrumreëls was chaoties, hul aanvallende spel was net nêrens te sien nie en hulle het bykans elke bal doelloos weggeskop.

Voeg daarby dat hul dissipline ook nie na wens was nie, die vleuel Nico Scheepers – anders as verlede week – nie sy skopskoene aangehad het nie en die Poubloues kan hulle gelukkig ag dat hulle met ’n bonuspunt uit die Jakarandastad teruggekeer het.

“Dit was vir my seker een van die swakste wedstryde waarby ek as Griekwas-afrigter nog ooit betrokke was,” het Human gesê.

“Ons het gesukkel met die vertolking van die skrumreëls en dit nadat ons die week vantevore so goed teen die Haaie geskrum het. Ons sal beslis daaraan moet werk. Ons móét by die wedstryd-situasie aanpas.”

Nadat die Poubloues teen die Haaie 4 punte in die doodsnikke ingesamel het, is wyd en syd voorspel dat hulle ’n verswakte Bul-span sou kon ore aansit. Eindelik was die Loftus-kragmeting toe ’n geval van die beste van die swakkes wat koning gekraai het.

“Die druk is nou vierkant op ons. Ons het die WP nog nooit geklop nie. ’n Mens kan nie wipwaentjie-vertonings in die Curriebeker bekostig nie.”