Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Sondag


26°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 10km/h


Reënval 11.3mm


Humiditeit 90%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 3.5mm


Humiditeit 64%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Donderdag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sport

Drie Bulle, nóg agt op pad na Griekwas

Super-aksie by Cheetahs geelwortel – Arni

Maandag 26 Augustus 2013 11:17 nm.

Die Bolandse skrumskakel Ntando Kebe is een van die aanwinste wat die Poubloues vir aanstaande jaar gekontrakteer het. Foto: Gallo Images

BLOEMFONTEIN. – ’n Jong Bokkie, ’n Varsitybeker-breker van Tuks, drie Blou Bulle en nóg ses ander tel nou op Griekwas se indrukwekkende lys van aanwinste vir 2014. 

Die Poubloues se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, het gister bevestig dat nie minder nie as 11 nuwelinge volgende jaar in die Diamantstad sal rugby speel. 

En hoewel staatmakers soos    Willie le Roux (veelsydige agterspeler, Vrystaat), Lourens Adriaanse (stut), Justin Downey (flank) en Edwin Hewitt (slot, almal Haaie) nie sommer net vervang kan word nie, sal die nuwe aanwinste beslis as salf vir die seer dien. 

Sport24 het vroeër berig dat die heelagters Danie Dames (Luiperds) en Jacquin Jansen (Boland) saam met die Boland-senter Jonathan Francke kontrakte vir 2014 met Griekwas gesluit het. Daar kan nou onthul word dat Cornell Hess (slot), Ruan Snyman en Dustin Jinka (albei skrumskakels) die Bulle is wat einde 2013 na Kimberley sal verhuis. 

Die Tuks-vaskopstut Stephan Pretorius en die Haaie se Jong Bokkie-stut Nicolaas van Dyk kry die taak om Adriaanse se leemte te vul.

Die res van die aanwinste is die Pumas-slot Boela Serfontein, die Boland-skrumskakel Ntando Kebe en die OP-Kings-senter Wayne­ Stevens. 

“Dis vir ons bemoedigend dat ons met ’n veel kleiner begroting as die groter unies steeds daarin slaag om gehalte-spelers na Kimberley te lok. Die feit dat hulle moontlik later by die Cheetahs in die Superrugby-reeks blootstelling kan kry, is natuurlik ’n groot geelwortel,” het Van Rooyen gesê.

Volgens hom het hulle reeds van hul bestaande spelers gekontrakteer. “Ons het reeds verskeie van ons bestaande spelers ook weer geteken. “Diegene wat nog nie ’n nuwe kontrak het nie, kan nog in die Curriebeker-reeks vir hulle een losspeel.”

Dit is juis spelers soos Le Roux en Adriaanse wat beklemtoon dat spelers nie na Griekwas skuif sodat hul rugbyloopbaan ’n stadige dood kan sterf nie. Le Roux was by die Boland voordat Griekwas hom raakgesien het. Dieselfde geld Adriaanse, wat hom van die Maties in Kimberley aangemeld het. 

“Die feit dat ons Bokke oplewer, speel nogal ’n groot rol in die kontraktering,” het Van Rooyen gesê.

“Wanneer ons met die spelers gesels, kan ’n mens agterkom dat hulle vir Griekwas wil speel omdat hulle raakgesien sal word. Dis nie lekker om ouens soos Willie en Lourens te verloor nie, maar ons is tevrede met hoe die diepte vir 2014 in sekere posisies lyk.”

* Intussen heers ’n slot-krisis by Griekwas nadat Jaco Nepgen teen die WP sy skouer beseer het. Sy slotmaat, Jonathan Adendorf, is Saterdagaand deur rowers oorval en met ’n mes gesteek en sal die res van die jaar buite aksie wees. 

Met Ligtoring Landman nog beseer, sal Pote Human (afrigter) vir Saterdag se buurstryd in die Vrystaat-stadion naarstig ’n slotmaat vir die Aussie Rory Arnold soek.