Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Sport

Bothma draf weer vir Pumas uit

Deur Pieter Jordaan Woensdag 28 Augustus 2013 8:45 nm.

JOHANNESBURG. – Renaldo Bothma, vurige agtsteman van die Pumas, is weer terug in die beginspan nadat hy kort voor die begin van die Curriebeker-reeks se Eerste Liga sy enkel gebreek het.

Bothma, Doppies le Roux en Jaco Bouwer is as die Pumas se lostrio vir Saterdag se wedstryd in Welkom teen die Griffons gekies.

Ook die flank, Corné Steenkamp, is terug na sý besering en is as plaasvervanger betrek.

Jimmy Stonehouse, breier van die Pumas, het JC Roos as losskakel behou, al is die puntemasjien Carl Bezuidenhout weer beskikbaar.

Coenie van Wyk is ook terug op heelagter, met die gevolg dat JW Bell uit die laaste vesting na vleuel, en Trompie Pretorius van vleuel na senter skuif.

Die Pumas is nou byna op volle sterkte nadat beserings in die eerste deel van die Eerste Liga gelol het.

Tog het die Pumas ná nege rondes van die reeks 27 ligapunte meer as die Griffons.

* Pumas: Coenie van Wyk, JW Bell, Trompie Pretorius, Stefan Watermeyer, Rosko Speckman, JC Roos, Faf de Klerk, Renaldo Bothma, Doppies le Roux, Jaco Bouwer, Eduan van der Walt (k), Giant Mtyanda, Ivann Espag, Drew van Coller, Vincent Koch. PLAASVERVANGERS: Swys du Toit, Corné Fourie, Marius Coetzer, RW Kember, Corné Steenkamp, Tiaan Marx, Carl Bezuidenhout.

* Elardus Venter is intussen as die Luiperds se vaskopstut behou vir môreaand se groot wedstryd in Potchefstroom teen die OP-Kings.

Dit ondanks die terugkeer van John-Roy Jenkinson, wat vir ’n maand lank aan die Vrystaat-Cheetahs geleen is.

Jenkinson en nóg ’n stut, Martin Dreyer, tel onder die plaasvervangers.

Hennie Skorbinski (senter) en Johann Laker (skrumskakel) is ook weer terug in die span nadat hulle nie in die Luiperds se sege oor die Valke kon speel nie.

Drie spelers wat die Luiperds aan die einde van die jaar verlaat, Skorbinski (Pumas), Danie Dames (heelagter, Griekwas) en BG Uys (stut, Kings), is in die beginspan gekies.

* Luiperds: Danie Dames, Luther Obi, Hennie Skorbinski, George Tossel, Edmar Marais, Adriaan Engelbrecht, Johann Laker, HP Swart, Robert Kruger, Philip de Wet, Peet van der Walt, MB Lusaseni, Elardus Venter, Edgar Marutlulle (k), BG Uys. PLAASVERVANGERS: Akker van der Merwe, Martin Dreyer, John-Roy Jenkinson, Strand Kruger, Bernie van Rooyen, Tiaan Dorfling, Jarryd Buys.