Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Woensdag


26°C / 17°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


26°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Saterdag


27°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sport

Franse klubs lok nóg 2 SA spelers

Ferreira ook vort

Deur Stephen Nell Donderdag 29 Augustus 2013 8:22 nm.

Die Kings-stut Schalk Ferreira is opgewonde oor die geleentheid wat hom voorgedoen het om sy loopbaan vir eers by Toulouse in Frankryk voort te sit. Foto: Michael Sheehan | Gallo Images

KAAPSTAD. – Die inkopies wat Franse rugbyklubs in Suid-Arika doen duur onverpoos voort met Louis Ludik op pad Agen toe en Schalk Ferreira na Toulouse.

Ludik sal eers die Curriebeker-reeks met die Haaie afsluit voor hy sy tasse vir drie seisoene pak, terwyl Ferreira reeds aanstaande week na die suide van Frankryk vertrek.

Ferreira word tot Junie as ’n leenspeler aan Toulouse beskikbaar gestel nadat die Southern Kings uit Super-rugby gerelegeer is.

Dié geleentheid het hom voorgedoen danksy ’n besering aan een van Toulouse se stutte, wat Ferreira toegelaat het om as ’n sogenaamde “medical joker” gekontrakteer te word.

Dis vir die Kings-stut ’n puik geleentheid, veral omdat Toulouse die volgende klompie weke vir Gurthrö Steenkamp aan die Springbokke moet afstaan.

Ferreira kan hom dus maklik uit die staanspoor in die span bevind.

Die Franse speel ook met groepe van 23, wat beteken dat daar ’n volle voorry op spanne se plaasvervangersbanke moet wees.

“Toulouse is een van die top-vyf klubs in Europa, so dis vir my ’n groot eer. Die afrigting wat ek daar gaan kry, is van wêreldgehalte,” het hy gister aan Sport24 gesê.

Ferreira het hom in vanjaar se Super-reeks met sy werkverrigting onderskei en klubrugby in die Noordelike Halfrond kan hom straks help om sy skrumwerk op te knap.

“Ek put baie trots uit my werkverrigting.

“Ek was vanjaar die stut in Super-rugby wat die meeste duikslae uitgevoer het en die meeste losskrums skoongemaak het,” het hy gesê.

Hy meen ook die nuwe skrumreëls pas hom goed.

“Die loskopstut word toegelaat om behoorlik te bind en dit beteken dat die impak nie só erg op my nek is nie.”

* Intussen het die OP-Kings vir BG Uys van die Luiperds gekontrakteer vir aanstaande seisoen om die leemte te vul wat deur Ferreira gelaat sal word.

* Kings-migrasie

Só het die Southern Kings uitmekaar gespat sedert dié span uit Super-rugby gerelegeer is:

Kevin Buys – Brive

Virgile Lacombe – Racing Metro

Bandise Maku – Blou Bulle

David Bulbring – Blou Bulle

Vleis Engelbrecht – Blou Bulle

Waylon Murray – Blou Bulle

Daniel Adongo – Indianapolis Colts (Amerikaanse voetbalklub

Tomas Leonardi – terug Argentinië toe

Wimpie van der Walt – Docomo Red Hurricanes (Japan)

Demetri Catrakilis – WP

Hadleigh Parkes – Auckland

SP Marais – Haaie

Schalk Ferreira – Toulouse