Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Bafana hoop geskiedenis word herhaal in stryd teen Botswana

Deur Johann de Jager Maandag 02 September 2013 10:16 nm.

BLOEMFONTEIN. – Suid-Afrika moet die naweek die deur oopskouer teen sy buurman as hy sy kanse vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi in Brasilië lewend wil hou.

Bafana Bafana pak Botswana Saterdag in Durban in hul laaste groepwedstryd.

Suid-Afrika het albei vorige tuiswedstryde teen die Zebras, waarvan een in Durban was, gewen.

Die Suid-Afrikaners het nog net een keer, in 2006 in Gaborone, met ’n uitskopstryd aan die einde met 5-6 teen Botswana in sewe ontmoetings verloor.

Die gelykopuitslag van 1-1 in die eerste ronde van die groepfase, verlede jaar in Gaborone, het Bafana Bafana van 2 waardevolle punte beroof.

Dis iets wat nie Saterdag in die Moses Mabhida-stadion weer mag gebeur nie.

Suid-Afrika het vroeër sy voet terug in die deur gekry nadat Ethiopië gestraf is, omdat hy ’n geskorste speler in sy groepwedstryd teen Botswana ingespan het.

Die tuisspan móét nou Saterdag wen en hoop dat Ethiopië nie enige punte in sy wedstryd teen die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) in Brazzaville kry nie.

Dié wedstryd word weens die oproer in die SAR weer op ’n neutrale veld beslis.

Hoewel Gordon Igesund, die afrigter van Bafana Bafana, sy beste span in ’n lang tyd tot sy beskikking het, is die besoekers besaai met spelers wat hul klubsokker in Suid-Afrika speel.

Die verdediger Mogogi Gabonamong se SuperSport United is onoorwonne en die vroeë voorloper in die plaaslike Premiersokkerliga.

En dan is daar die gevaarlike Joel Mogorosi van Bloemfontein Celtic wat Bafana Bafana in die verlede laat bontstaan het. Dié middelveldspeler was die Speler van die Telkom-uitklopreeks en hy het reeds twee doele in Celtic se eerste drie PSL-wedstryde aangeteken.

Die Botswana-doelwagter, Kabelo Dambe, en middelveldspeler Mogakolodi Ngele speel vir Platinum Stars. Nog twee middelveldspelers, Galabgwe Moyana en Ntesang Simanyana, speel vir Polokwane City.

Ofentse Nato van Black Aces het die gelykmaker in die spanne se vorige wedstryd aangeteken.