Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


27°C / 11°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 77%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Donderdag


21°C / 12°C

Wind 24km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 66%

Vrydag


18°C / 12°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

Bismarck ná jaar weer in Bok-beginspan

Deur Louis de Villiers Maandag 02 September 2013 9:19 nm.

Beauden Barrett kou harde bene in die All Blacks se oefensessie Sondag in die Waikato-stadion in Hamilton, Nieu-Seeland. Die All Blacks pak Argentinië Saterdag. Foto: Hannah Johnston | Getty Images

BRISBANE. – Bismarck du Plessis behoort Saterdag vir die eerste maal in langer as ’n jaar vir die Springbokke uit te draf as hulle hier teen Australië te staan kom in die Rugby-kampioenskap, het die Bok-breier, Heyneke Meyer, gister laat val.

Du Plessis sal ook die onderkapteinskap oorneem by Adriaan Strauss, wat van die plaasvervangersbank sal speel.

“Ek oorweeg dit om ’n paar spelers te roteer,” het Meyer gesê. “Ons het die laaste ruk baie gereis; dis nie om verskonings te soek nie, maar ons kan baat vind by ’n paar stelle varser bene.

“Adriaan het dié seisoen al bitter baie rugby gespeel en Bismarck is honderd persent fiks, so die kans is goed dat hy Saterdag as haker sal uitdraf.”

Al Meyer se spelers behoort slaggereed te wees nadat geeneen van sy Europese Bokke die naweek seergekry het nie.

Die Bokke se spandokter, Craig Roberts, het gesê Chiliboy Ralepelle het genoeg van sy rugbesering herstel dat hy vandag al saam met die span sal oefen.

Bjorn Basson, wat las gehad het van ’n polsgewrigbesering, het Saterdag saam geoefen.

Die Bok-breier het sy kaarte teen sy bors gehou oor die heelagter-posisie. Daar word bespiegel dat die veilige Zane Kirchner dalk die laaste vesting sal beman, met die opwindende Willie le Roux op vleuel of op die bank.

Meyer het wel geskimp dat Flip van der Merwe dalk op slot in Juandré Kruger se plek sal begin om die Bok-agttal meer fisiek te maak.

Meyer wou hom nie juis uitlaat oor die Bokke se swak vertoningslys (van sewe nederlae uit sewe) in die Suncorp-stadion nie. Die Bokke kon ook laas in 1971 dáár wen.

“Ons het ook nou die dag vir die eerste maal in Soweto gewen, én in Mendoza, as jy so daarna wil kyk. Maar dit lei net ’n mens se aandag onnodig af as jy só op die negatiewes fokus.

“In die ou dae sou jy sulke statistieke gebruik het om die manne aan te vuur. Maar deesdae is internasionale spanne se verdedigingstrukture amper ondeurdringbaar en moet jy jou fokus behou om jou planne ordentlik uit te voer. Ek weet mense meen ons wedstrydplan het baie verander, maar ons probeer altyd ons agterlyn ruimte gee. Dis net nie altyd moontlik nie.

“Weg van jou huis af, is alles nou maar een maal ’n groter gestoei.”