Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 61%

Vrydag


27°C / 14°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Saterdag


30°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 38%

Sondag


30°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Maandag


31°C / 18°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 34%

Dinsdag


29°C / 15°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Sport

rugbykampioenskap

Bismarck straks in 15-tal teen Wallabies

Deur sapa Maandag 02 September 2013 13:54

Foto: Gallo Images

PERTH. - Die Springbok-breier, Heyneke Meyer, het gesê hy gaan veranderings aanbring aan sy span om Suid-Afrika se verloor-rekord teen die Wallabies Saterdag in Brisbane te beëindig. 

Die Springbokke kon nie een van die laaste agt toetse in Brisbane wen nie. 

Sewe van dié toetse was sedert die begin van die Drienasiesbeker in 1996. 

Meyer het gesê hy sal nuwe gesigte in sy vyftiental kies om die span se uitputtende reisskedule teen te werk.

Die Bokke moes van Argentinië na Suid-Afrika reis en daarna na Australië en Nieu-Seeland. 

Meyer het aangedui dat Bismarck du Plessis vir Adriaan Strauss op haker gaan vervang en ook die onderkapteinskap sal oorneem. 

Die Wallabies het hul eerste twee Rugbykampioenskap-wedstryde teen Nieu-Seeland verloor.