Kaapstad Verander Area

Vandag


36°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 18%

Woensdag


28°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 67%

Donderdag


26°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Vrydag


29°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Saterdag


26°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Sondag


29°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Sport

Fernando Alonso gaan sukkelende fietsryspan help

Deur sapa-afp Maandag 02 September 2013 15:15

Foto: Reuters

MADRID. - Spanje se tweemalige Formule Een-kampioen, Fernando Alonso, het ingestem om die Euskaltel-Euskadi-fietsryspan uit sy finansiële verknorsing te help.

"Euskaltel en Fernando Alonso het in beginsel 'n ooreenkoms bereik wat 'n nuwe toekoms vir die span beteken," het die Baskiese fietsryspan Maandag in 'n verklaring gesê.

"In die volgende weke sal onderhandelings tussen die partye afsluit met Fernando Alonso wat die maatskappy Euskaltel-Euskadi (BCPT) oorneem," het die verklaring gelui sonder om enige verdere finansiële inligting bekend te maak.

Euskaltel-Euskadi het in Augustus aangekondig dat hy aan die einde van die jaar gaan ophou deelneem nadat hy nie 'n borg kon vind nie.  

Die hoofborg van die fietsryspan, die telekommunikasiegroep Euskaltel, het gesê hy is op soek na 'n ander borg om te help met die span se bedryfskoste nadat die plaaslike regering $4,6 miljoen (sowat R46 miljoen) aan openbare finansiering moes onttrek weens besnoeiingsmaatreëls.