31 Julie 17:24
9°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 9°C

Wind 9km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 58%

Sondag


18°C / 12°C

Wind 7km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 54%

Maandag


18°C / 13°C

Wind 33km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


15°C / 13°C

Wind 31km/h


Reënval 13mm


Humiditeit 83%

Woensdag


16°C / 12°C

Wind 8km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


20°C / 12°C

Wind 6km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 47%

Sport

Trevor verlig dat hy PGA-toerkaart bespreek

Maandag 02 September 2013 22:36

FORT WAYNE. – Trevor Immelman het Sondag weer sy Amerikaanse PGA-toerkaart bespreek toe hy in die Hotel Fitness-gholftoernooi baas was.

Die Suid-Afrikaner het ’n voëltjie op die laaste putjie behaal om op -6 klaar te maak en ’n sege van een hou oor Patrick Cantlay in die Web.com-reeks (die voerder-reeks vir die PGA) te behaal. “Daar is geen twyfel dat dit vir my ’n groot mylpaal is nie,” het Immelman, wat in 2008 die Meesters gewen het, gesê.

“Dit was ’n lang en frustrerende pad. Dit was baie teleurstellend om my toerkaart te verloor.”

Volgens Immelman het hy sedert 2008 baie gesukkel en gewonder of hy weer sy beste spelpeil sal herwin. – AP