Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 51%

Sondag


22°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 62%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


24°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Donderdag


24°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 2.1mm


Humiditeit 68%

Sport

Griekwas nog op hete kole oor Arnold

Deur Gerdie Karstens Dinsdag 03 September 2013 9:05 nm.

Rory Arnold (met die bal) sal vandag eers sy lot hoor nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n Vrystater gebyt het. Foto: Conrad Bornman

BLOEMFONTEIN. – Griekwas se Australiese slot, Rory Arnold, sal eers vandag weet of hy nog enigsins deel van vanjaar se Curriebeker-rugbyreeks gaan wees.

Die 23-jarige Arnold het gister in Plattekloof in die Kaap voor ’n tugkomitee verskyn op ’n klag dat hy die Cheetahs se plaasvervanger-haker, Ethienne Reynecke, verlede Saterdag in die spanne se buurstryd gebyt het.

Daar is verwag dat, hetsy goed of sleg, die uitslag van die verhoor gister reeds bekend sou wees. Maar Arni van Rooyen, Griekwas se uitvoerende hoof, het bevestig dat hulle eers vandag die amptelike uitspraak sal ontvang.

As Arnold skuldig bevind word, kan hy tot tien weke geskors word, wat sy Curriebeker-deelname met ’n enkele wedstryd op sy kerfstok sal kortknip.

Word hy vrygespreek, sal hy beslis teen die Leeus op GWK-park in Kimberley opdraf.

Griekwas se afrigter, Pote Human, het sy misnoeë uitgespreek dat die verhoor nie afgehandel is nie.

“Vir ons is dit geweldig sleg, want dit beteken dat ons inderwaarheid eers môre (vandag) met ons voorbereiding vir die Leeus-stryd kan begin.

“Ek wou al span bekend gemaak het en my voorbereidings afgehandel het. Nou wag ons,” het Human gesê.

Die waarskynlike rede waarom die voorsitter van die tugkomitee, Peter Ingwersen, eers vandag uitspraak lewer, is dalk om weer die beeldmateriaal van alle kante te bestudeer.

Hoewel dit duidelik is dat Reynecke se linkerarm om Arnold se nek was toe die Aussie vir sy drie oorgegaan het, is daar geen hoek wat enige byt wys nie.

Dit sal dus vir die komitee bitter moeilik wees om Arnold skuldig te bevind.

Is dit egter wel die geval, het Human reeds ’n gebeurlikheidsplan in plek. Hy het as voorsorg-maatreël die dienste van die Luiperds-slot Victor Kruger vir die res van die Curriebeker-reeks bekom. Hy was vanjaar die Pukke se kaptein in die Varsitybeker-reeks en sy koms is soos manna uit die hemel vir die Noord-Kapenaars.

“Ons is bitter dun aan slotte en Victor sal ons beslis diepte gee. Ons moet fokus op die wedstryd op hande, maar dit is moeilik omdat ons nog nie weet wat Rory se lot is nie,” het Human bygevoeg.

Griekwas het ook hul flank-diepte aangevul deur die OP-Kings se Dalton Davis te lok.