Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

Wian pak sy tasse vir Frankryk

Deur Hendrik Cronjé Maandag 23 September 2013 8:36 nm.

Die Bok-stut Wian du Preez is reeds vir jare een van die Vrystaters se staatmakers in die Curriebeker-reeks. Foto: Charl Devenish

BLOEMFONTEIN. – ’n Tweede Vrystater is deur die Franse klubspan Lyon gekontrakteer.

Die Springbok-stut Wian du Preez, wat hom voor die Curriebeker-rugbyreeks vanaf Munster in Ierland by die Cheetahs aangesluit het, sal ná 5 Oktober se kragmeting met Griekwas van sy Vrystaat- kontrak vrygestel word.

Hy sal hom in Lyon aansluit by die flank Frans Viljoen, wat reeds sy buiging vir dié Franse Pro D2-klub (tweede liga) gemaak het.

Viljoen het nog vroeër vanjaar Super-rugby vir die Cheetahs gespeel, waarna hy oorsee is.

Die Bok-skrumskakel Ricky Januarie speel ook vir Lyon.

“Ek gaan Wian van sy kontrak vrystel,” het Naka Drotské, die afrigter van die Vrystaat, gister bevestig.

“Hy het ’n goeie aanbod by Lyon gekry en ons het reeds vyf voorrye vir volgende jaar geteken.

“Coenie (Oosthuizen) is ook ná twee wedstryde (vir die Bokke) terug.”

Die 30-jarige Du Preez wag glo ook nog vir sy visum en ’n werkpermit voor hy na Frankryk kan vertrek.

Hy was net vir die Curriebeker by die Cheetahs gekontrakteer en die verwagting was dat hy volgende jaar vir ’n ander plaaslike unie sou speel indien hy nie ’n oorsese kontrak kon losskrum nie.

Sedert sy terugkeer uit Ierland het die deurwinterde Du Preez, wat Munster sedert 2010 in 86 wedstryde verteenwoordig het, min speelkans in die Vrystaat-trui gekry.

Caylib Oosthuizen is aanvanklik as die Vrystaters se eerstekeuse-vaskopstut verkies, waarna Trevor Nyakane die nr. 1-trui begin dra het.

Du Preez, wat een van die Vrystaters se helde in die verowering van die Curriebeker in 2005, 2006 (toe is die beker met die Blou Bulle gedeel) en 2007 was, moes vir die kragmeting metdie Haaie ook op die bank plek maak vir Schalk (Hond) van der Merwe.

Van der Merwe, wat besig is om sy beste peil te herwin nadat hy as leenspeler sy wedstrydfiksheid in die Griffons-trui kon verbeter, en die haker AJ le Roux is gekies om groter impak van die bank te maak.

Du Preez se skuif is vanweë sy ervaring ’n terugslag vir die Vrystaters, maar hy skuif terselfdertyd om verstaanbare redes na Lyon, waar hy meer speelkans sal kry.