Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Boland sif deur aansoeke vir pos

Deur Kobus Pretorius Dinsdag 01 Oktober 2013 9:38 nm.

KAAPSTAD. – Die Boland Rugbyunie gaan binne die volgende twee weke ’n kortlys van vyf name opstel om die vakante hoofafrigterspos van sy senior span te vul.

Dié nuwe pos is geskep nadat die unie besluit het om die pos van direkteur van rugby, wat deur Loffie Eloff beklee is, te skrap.

Eloff het terselfdertyd besluit om nie om die nuwe pos aansoek te doen nie. Sy kontrak verstryk op 31 Oktober.

Willie Small, die uitvoerende hoof van die Boland, het gister gesê hulle het “16 of 17” aansoeke vir die pos ontvang.

“Die kortlys sal nie meer as vyf name bevat nie.

“Ek is redelik tevrede met die aansoeke. ’n Mens is seker nooit 100% tevrede nie. Daar is nie regtig enige groot name wat aansoek gedoen het nie.”

Terwyl die Boland ’n nuwe afrigter soek, is heelparty van dié unie se spelers reeds deur ander provinsies opgeraap of word aanbiedinge van elders oorweeg.

Jacquin Jansen (heelagter), Johnathan Francke (buitesenter) en Lucky Kebe (skrumskakel) het reeds kontrakte met Griekwas gesluit, terwyl Junior Bester (agtsteman) na die SWD-Arende op pad is.

Small het bevestig dat Adri Jacobs (senter) en Sabelo Nhlapo (loskopstut) hulle by onderskeidelik die Luiperds en die Pumas aansluit. Ricky Schroeder se agent, Peet van Zyl, het bevestig dat dié WP-skrumskakel, wat as leenspeler vir die Boland in die Eerste Liga van die Curriebeker-reeks gespeel het, ’n kontrak van twee jaar met die Leeus gesluit het.

Schroeder moet hom op 1 November in Johannebsurg aanmeld.

“Ek is baie opgewonde oor die nuwe uitdaging by die Leeus,” het Schroeder gesê.

Hy is tans besig met ’n verlengde vyfjaar-kursus in sosiale wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad, maar gaan probeer om dit deur die pos te voltooi. “My studies bly vir my belangrik, maar ek is nou ten volle toegewy aan die Leeus en sal hard moet werk om my stempel daar af te druk.”

* Intussen sal Eloff sy opsies vir die toekoms oorweeg. Hy het besluit om vir die volgende vier weke ’n blaaskans van rugby te neem, voordat hy ’n besluit neem. Hy het twee aanbiedinge uit Japan gekry, en het ’n plaaslike opsie in die Kaap. Hy stel ook belang in die hoofafrigterspos by Griekwas.