Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

JC, CJ se vertrek swaai deur oop vir Cheetah

VS se Schalk word ’n Leeu

Tukkie, Bokkie verskaf diepte op stut met Van der Merwe, Adriaanse se skuiwe

Deur Hendrik Cronjé Maandag 28 Oktober 2013 11:22 nm.

BLOEMFONTEIN. – Die deur het met JC Janse van Rensburg en CJ van der Linde se vertrek na Europa so wyd oopgeswaai vir Schalk (Hond) van der Merwe, dat die stut van die Cheetahs eenvoudig nie die kans kon weier om ’n Leeu te word nie.

Die Cheetahs se begroting het hulle ook nie toegelaat om ’n sesde stut te kontrakteer nie. Dit was daarom vir die 22-jarige Van der Merwe ’n eenvoudige besluit om hom van 1 November vir ’n jaar by die Leeus aan te sluit.

Met Coenie Oosthuizen, Trevor Nyakane, Rossouw de Klerk, Caylib Oosthuizen en Nick Schonert wat reeds deur die Vrystaters gekontrakteer is, het verskeie pogings deur die Griffons en Griekwas om Van der Merwe vir die sentrale streek te behou, ook om verstaanbare redes gefaal.

En met dié dat Janse van Rensburg deesdae sy klubrugby vir die Franse span Bayonne speel en Van der Linde na London Irish skuif, was die geelwortel van Super- en Curriebeker-rugby in ’n Leeus-trui net te aanloklik vir Van der Merwe.

Sy agent, BC du Plessis, het sy skuif gister aan Volksblad bevestig en gesê Van der Merwe is opgewonde oor die kanse wat hy in die Leeus-trui kan kry.

“Dit was ’n moeilike besluit vir hom, maar dit is waarskynlik die unie waar sy kans die beste op genoegsame speelkans is,” het Du Plessis gesê.

Beserings het die afgelope jaar verhinder dat Van der Merwe sterk op die voorgrond kon tree, maar as ’n kragtige skrumwerker, sterk baldraer en ’n loskopstut met ’n hoë werkverrigting, is hy ’n groot aanwins vir die Leeus.

Hy het veral as ’n plaasvervanger in die Curriebeker-halfeindstryd teen die Haaie met sy krag in die skrums ’n goeie indruk gemaak.

Die Cheetahs se Super-franchise is wel ook Lourens Adriaanse se dienste kwyt; dié word van 1 November ’n Haai. Maar Griekwas het die belowende Tuks-vaskopstut Stephan Pretorius en die Haaie se Jong Bokkie-stut Nicolaas van Dyk gekontrakteer.

Griekwas se Steph Roberts het ook vanjaar ’n barshou geskrum en dan het almal kennis geneem van die Vrystaat se o.21-stutte, Rudolf Botha en Luan de Bruin, se goeie spel.

Die Cheetahs-afrigter, Naka Drotské, sal daarom nie slapelose nagte oor Van der Merwe se besluit hê nie – al meen verskeie kenners hy kan nog eendag ’n sterk aanspraakmaker op die Bok-trui word.