Kaapstad Verander Area

Vandag


21°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Donderdag


24°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Vrydag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


29°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 39%

Maandag


23°C / 14°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Nuusflitse
Treinongeluk in Indië eis 12 Vulkaan: Dodetal in Japan styg steeds WWF: Mens het een en 'n half aarde nodig Joost en All Blacks ontmoet wéér EU-sanksies teen Rusland gaan voort ‘Verdagte pakkie’ ontwrig Gautrein-dienste Ebola: Duisende kinders wees gelaat ‘Vyfsterhotel’ brand in Mongolië Britse toeris glo twee keer verkrag voor moord Skole in Japan kry bomdreigement Thailand oorweeg ID-armbande vir toeriste iPhone 6 nou te koop in China Man vuur skoot by Ethiopiese ambassade Kankerdokter vas ná sy minnaar vergiftig Stop betogings, vra Hongkong-hoof Nóg 'n vulkaanuitbarsting dreig in Japan Turkye deur mortiere getref Egpaar kry lewenslank vir dierevideo’s Lufthansa-vlieëniers gaan Dinsdag wéér staak Viëtnam lê beslag op 40 kg se ivoor Ebola: Australië stuur nie dokters nie Vulkaan: Nog lyke van berg gebring Minnares kruip weg vir vrou, val na dood NK-ongeluk: Dodetal styg VSA-dokter blootgestel aan ebola Seun (15) doodgeskiet Richard Branson klou aan ruimtedroom Franse vliegstaking kom tot einde Paarl-baba is nog weg Tory-minister bedank oor stoute foto Gesin van 5 dood gekry in huis Talle iPhone-smokkelaars vas Tiener, oom gekeer oor gedwonge troue Nigeriese kerkramp: Aankondiging verwag Kind, vlieënier sterf tydens lugvaartskou Polisieman in Ferguson geskiet Ontake-vulkaanuitbarsting: 7 gered Reddingshelikopter vermis
Sport

JP en nóg 11 klaar met GW

Stut van UJ vervang Lourens

Deur Gerdie Karstens Donderdag 31 Oktober 2013 9:51 nm.

BLOEMFONTEIN. – ’n Enkele kookwater-skrumvertoning in die Curriebeker-reeks teen die Blou Bulle het aan Ewald van der Westhuizen ’n Griekwas-kontrak besorg.

Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, het gister bevestig dat die 23-jarige vaskopstut vir 2014 deur die Noord-Kapenaars gekontrakteer is.

“Ewald het teen die Blou Bulle in die Curriebeker-reeks gewys wat in hom steek en ons het besluit om sy dienste vas te maak,” het Van Rooyen gesê.

Al wat Poublou-ondersteuners van hul span se slagting van 10-52 destyds op GWK-park wil onthou is hoe Van der Westhuizen die Bulle-stut Marcel van der Merwe in die skrums gekarnuffel het.

Met ’n rits beserings aan stutte het die voormalige Poublou-breier, Pote Human, Van der Westhuizen se dienste by die Universiteit van Johannesburg bekom.

Hy was net vir die een wedstryd, teen die Blou Bulle, beskikbaar, maar het die wêreld aan die brand geskrum.

As vaskopstut het hy in die afwesigheid van Lourens Adriaanse (Springbokke) behoorlik sy stempel afgedruk en sal hy volgende jaar in die binnebaan wees as die einste Adriaanse, nou ’n Haai, se opvolger.

Griekwas het nie net in Adriaanse ’n staatmaker verloor nie, maar heelparty spelers het ook aan die einde van die seisoen rugby vaarwel geroep.

Die skrumskakels Jacques Coetzee en Marnus Hugo, senters JP Nel en Jean Stemmet, flank Wesley Wilkins, Aussie-slot Rory Arnold, heelagter Rudi Vogt en vleuel Dusty Noble se name verskyn nie op die lys van gekontrakteerdes nie.

Die stut Nick Schonert en Bok-agterspeler Willie le Roux word ook albei Vrystaters.

“Marnus Hugo, JP Nel en Jean Stemmet het uitgetree. Jacques Coetzee het ’n werksaanbod in Australië aanvaar, terwyl Du Randt Gerber terug is Italië toe waar hy klubrugby speel.

“Rudi en Wesley het albei groot beserings gehad wat die einde van hul loopbane beteken het.

“Rudi is beslis klaar, maar Wesley moet nog ’n finale aanduiding gee. Daar is ook onsekerheid oor Dusty Noble, wat nog beseer is,” het Van Rooyen bygevoeg.

Arnold sukkel met ’n skouerbesering, maar het glo opsies by die Australiese Super-spanne, die Brumbies en Waratahs.

Nuwe gesigte in die gekontrakteerde groep sluit in die Griekwas o.19-stut Luxolo Koza, Hoërskool Noord-Kaap en voormalige Blou Bulle-skrumskakel Zane le Roux, Pukke-losskakel Reohn O’Reilly en Northerns-vleuel Hillford Clarke.

* Griekwas se gekontrakteerde spelers vir 2014:

Voorspelers: Luxolo Koza, Steph Roberts, Janro van Niekerk, Ryno Barnes, Matt Dobson, Simon Westraadt, Stephanus Pretorius, Nico van Dyk, Ewald van der Westhuizen, Ligtoring Landman, Jaco Nepgen, Boela Serfontein, Cornell Hess, Carel Greeff, Marnus Schoeman, Jonathan Adendorf, Hilton Lobberts, Leon Karemaker, RJ Liebenberg, Burger Schoeman.

Agterspelers: Dustin Jinka, Lucky Kebe, Zane le Roux, Ruan Snyman, Francois Brummer, Reohn van Zyl, Rocco Jansen, Hillford Clarke, Howard Mnisi, PJ Vermeulen, Johnathan Francke, Wayne Stevens, Ederies Arendse, Danie Dames, Gouws Prinsloo, Nico Scheepers, Jacquin Jansen.