Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 13°C

Wind 27km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 58%

Vrydag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 53%

Maandag


19°C / 14°C

Wind 26km/h


Reënval 33.9mm


Humiditeit 90%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.7mm


Humiditeit 78%

Nuusflitse
Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help Seepunt: Telkom Direct is beroof Tweede tienermeisie sterf ná skietvoorval by skool 'Hiernamaals is te voorskriftelik' Regter maak prostituut stil in Dewani-saak Thailand gooi seksofferhande weg Senzo Meyiwa se moordenaars steeds op vrye voet Marcia Strassman sterf aan borskanker Demetri Catrakilis deel sy wenresep Noordwes: Boere skiet plaasaanvallers dood
Sport

Kings gaan by klubs haker soek

Deur Michael Green Dinsdag 05 November 2013 9:55 nm.

Albé de Swardt is die enigste haker in die Kings se gekontrakteerde groep. FOTO: WERNER HILLS

PORT ELIZABETH. – Die OP-Kings se rugbykeurders gaan die net oor die unie se klubspelers werp in die hoop om nog ’n haker te vind.

Dít volg nadat die Kings net met een haker in hul groep van gekontrakteerde spelers vir die komende seisoen sit.

Albé de Swardt is skielik die Kings se nr. 1-haker, met Hannes Franklin oor wie se kontrak nog onduidelikheid is en Boetie Britz wat nie weer een aangebied is nie.

“Ons hoop om nog hakers by die klubs te vind. Ons beplan in elk geval om volgende jaar ’n paar klubspelers in die Vodacombeker-reeks speelkans te gee,” het Matt Sexton, die Kings se hoofafrigter, gesê.

Die Kings het reeds weens beserings teen die einde van dié seisoen vir Bobby Dyer van Despatch ingespan. Nog ’n Despatcher, Giovano Fourie, sal dalk ook nou as haker oorweeg word.

Fourie is vroeër vanjaar as die Speler van die Gemeenskapsbeker-reeks aangewys en het toe vir ’n ruk by Impala in Rustenburg gaan speel. Hy en Dyer het voor Alan Solomons die Kings-breier geword het, gereeld vir die Kings uitgedraf en is gesoute provinsiale spelers.

Daar is net drie nuwelinge van buite die streek in die Kings se groep. Hulle is die loskopstut BG Uys, die skrumskakel Jaco Grobler en die vaskopstut Simon Kerrod.

Uys en Grobler kom van die Luiperds en Kerrod het vanjaar twee Vodacombeker-wedstryde vir die Haaie gespeel.

“Verskeie van die spelers in ons groep sal vir die Madibaz in die Varsitybeker-reeks beskikbaar wees,” het Sexton gesê.

“Ons handhaaf ’n goeie verhouding met die universiteit en daarom leen ons ook die afrigter David Maidza aan die NMMU om Brent Janse van Rensburg by te staan.”

Charl Crous, die Kings se uitvoerende beampte, het ook bevestig dat De Wet Barry, wat die laaste paar jaar as verdedigingsafrigter by die unie werksaam was, Kaapstad toe getrek het.

* Kings-groep:

Agterspelers: Eben Barnard, Ofentse Boloko, Ronnie Cooke, Ntabeni Dukisa, Shane Gates, Siyanda Grey, Jaco Grobler, Andile Jho, Michael Killian, Tiger Mangweni, Foxy Ntleki, Sergeal Petersen, Brian Skosana, Shakes Soyizwapi, Andries Strauss, Scott van Breda, Marlou van Niekerk, Kayle van Zyl, George Whitehead. Voorspelers: Timothy Agaba, Rynier Bernardo, Thembelani Bholi, Aidon Davis, Albé de Swardt, Charl du Plessis, Schalk Ferreira, Samora Fihlani, Lizo Gqoboka, Simon Kerrod, Siya Mangaliso, Darron Nell, Brenden Olivier, Devin Oosthuizen, Paul Schoeman, Sonkosi Kuhle, Pieter Stemmet, Steven Sykes, Claude Tshidibi, BG Uys, Luke Watson, Stefan Willemse.

* Die Southern Kings speel vroeg volgende jaar drie vriendskaplike wedstryde teen drie SA Superrugby-spanne.

Program: 25 Januarie: Southern Kings t. Cheetahs. 1 Februarie: Kings t. Lions. 7 Februarie: Kings t. Stormers.