05 September 12:25
15°C / 21°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


21°C / 15°C

Wind 9km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 60%

Sondag


21°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 59%

Maandag


15°C / 13°C

Wind 15km/h


Reënval 8mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


15°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 73%

Woensdag


15°C / 11°C

Wind 20km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Donderdag


13°C / 10°C

Wind 47km/h


Reënval 7mm


Humiditeit 76%

Sport

Wayne pak toks weg ná 230 stryde

Deur Michael Green Woensdag 06 November 2013 22:57

So sal sy ondersteuners hom nie weer vir die Kings sien rank nie. Wayne van Heerden het besluit om sy stewels op te hang. FOTO: DEAAN VIVIER

PORT ELIZABETH. – Sy speeldae is verby, maar hy is nog nie klaar met rugby nie, het Wayne van Heerden (34) gesê.

As speler het hy in 230 eersterangse wedstryde – insluitend 119 vir die OP-Kings – uitgedraf.

Hy het boonop vyf seisoene vir die Blitsbokke en twee seisoene in Japan klubrugby gespeel.

“En nou wil ek by afrigting betrokke raak. Ek hoop ek kan ’n rol speel in die Kings se Akademie,” het Van Heerden gesê.

Dié boorling van Graaff-Reinet, wat in Brandwag, Uitenhage, in die hoërskool was, het in 2000 sy provinsiale debuut vir die Kings (toe nog die OP-Olifante) gemaak.

Hy was aanvanklik ’n flank, maar het later meestal slot gespeel. Hy het baie spoed gehad en het as sewesspeler vir die Blitsbokke uitgeblink.

“Een van my hoogtepunte saam met die Blitsbokke was om in 2001 in Mar del Plata, Argentinië, in die Wêreldbeker-toernooi te speel,” het hy vertel.

“Nog ’n hoogtepunt in my loopbaan was om in 2009 vir die Cheetahs Super-rugby te speel. Een van my beste vertonings was juis daardie jaar teen die Crusaders.”

Dit was vir hom ook ’n “groot ervaring” om vir Santori in Japan in “plus-minus 40 wedstryde” uit te draf. Hy sonder Juan Smith en Bakkies Botha uit as die spelers wat “sy grootste teenstanders of spanmaats was”.

* Nog ’n veteraan, die senter Tiger Mangweni (33), moet binnekort besluit of hy nog wil rugby speel en of hy ook by die Akademie wil help afrig.

“Tiger is nog vir ’n jaar gekontrakteer en hy is nog goed genoeg om vir die Kings te speel. Ons sal egter met hom gesels en hoor wat hy eerder sal wil doen,” het die Kings-breier, Matt Sexton, gesê.