Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 6.4mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Sport

Agt van Pumas, Luiperds na Leeus

Deur Pieter Jordaan Vrydag 15 November 2013 10:21 nm.

Adriaan Engelbrecht is die Luiperds se Agterspeler van die Jaar.

JOHANNESBURG. – Die Luiperds-senter Adriaan Engelbrecht, wat gisteraand in Potchefstroom as die unie se agterspeler van die jaar aangewys is, is een van 8 spelers van die Pumas en die Luiperds wat voorlopig saam met die Leeus se Super-oefengroep gaan draf.

Engelbrecht en die Luiperds se Jong Bokkie-vleuelblits, Luther Obi, gaan albei in November hier evaluerings onder die wakende oog van die Leeus-breier, Johan Ackermann, ondergaan.

Ackermann begin vandeesmaand slyp aan ’n Leeus-span wat in 2014 sy terugkeer tot Super-rugby maak nadat hy vanjaar vir die Southern Kings moes terugstaan.

Behalwe Engelbrecht en Obi, is 6 spelers van die Pumas, waaronder die opwindende agterspelers Faf de Klerk en Coenie van Wyk, ook onder diegene waarna Ackermann wil kyk.

De Klerk (skrumskakel), Van Wyk (heelagter) en Stefan Watermeyer (senter) is die Pumas-agterspelers wat ontbied is.

Pumas-voorspelers wat ’n kans het om te beïndruk is die stutte Vincent Koch en Corné Fourie asook die sterk slot Rudi Mathee.

Die Leeus se voorseisoense voorbereiding sal volgende week in alle erns posvat.

Spelers wat ná die 2013-seisoen voltydse Leeus-spelers geword het en nou ook nuut in die kraal is, is Thabo Mamojele (OP, slot), MB Lusaseni (Luiperds, slot), Schalk van der Merwe (Vrystaat, stut), Ricky Schroeder (WP, skrumskakel), Willie du Plessis (Blou Bulle, losskakel) en Courtnall Skosan (Blou Bulle, vleuel).

Die slot Martin Muller, wat hom voor vanjaar se Curriebeker-reeks by die Leeus aangesluit het, maar weens ’n besering nog nie gespeel het nie, sal ook saam met al die gereelde Leeus-staatmakers vir die voorseisoen inval.

* By die Luiperds se prysuitdeling gisteraand was die uithaler-haker Edgar Marutlulle die groot wenner.

Hy is as die Luiperds se Speler van die Jaar aangewys nadat hy regdeur die Curriebeker Eerste Liga-seisoen uitgeblink het.

Marutlulle is vroeër vanjaar aan die Kings vir Super-rugby geleen maar het weer teruggekeer om vir die Luiperds te kom speel.

Terwyl Engelbrecht die Agterspeler van die Jaar was, is die kaptein en slot Brendon Snyman as die Luiperds se Voorspeler van die Jaar gekroon.

* Die volledige lys van Luiperds-toekennings was:

Speler van die Jaar: Edgar Marutlulle. Voorspeler van die Jaar: Brendon Snyman. Agterspeler van die Jaar: Adriaan Engelbrecht.

Spelers se Speler van die Jaar: Bernie van Rooyen.

Vodacombeker-speler van die Jaar: Edmar Marais.

Beste Vordering: Elardus Venter.

o.21-speler van die Jaar: Sylvian Mahuza. o.19-speler van die Jaar: Dean Stokes.