Kaapstad Verander Area

Vandag


21°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Donderdag


23°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


26°C / 15°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


24°C / 13°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Sport

Pampas uit, Limpopo bly in Vodacombeker

Deur Gerdie Karstens Dinsdag 19 November 2013 11:34 vm.

In die afwesigheid van Dan Carter sal Aaron Cruden (regs) straks die All Blacks se nr. 10-trui dra. FOTO: GETTY IMAGES

BLOEMFONTEIN. – Die Vodacombeker-reeks sal volgende jaar geen Argentynse geur hê nie, met die Pampas XV-tal wat die eerste keer in vier jaar nie aan die plaaslike rugbykompetisie gaan deelneem nie.

Volgens die voorlopige bepalings, wat op 6 Desember finaal deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) goedgekeur moet word, is daar 15 spanne – sewe in die Suidelike afdeling en agt in die Noordelike afdeling – maar geen Pampas nie.

Die Limpopo Blou Bulle, wat vanjaar teen elke enkele span in die groepfase van die kompetisie houe gevat het, is die agtste span uit die Noorde.

Teen druktyd het die Pampas, wat in 2011 as Vodacombeker-kampioen gekroon is, nog nie amptelik op navrae oor hul afwesigheid reageer nie. Volksblad verneem egter die hoë koste om aan die reeks deel te neem, het hul besluit om te onttrek beïnvloed.

Die Argentyne se weglating sal nie die formaat van die kompetisie beïnvloed nie.

Die spanne in die twee afdelings sal onderling teen mekaar in die groepfase speel, waarna die kwarteind- en halfeindronde en eindstryd oorkruis beslis sal word.

Vanjaar se kampioen, die Goue Leeus, speel in sy eerste wedstryd in Potchefstroom teen die Luiperds.

Die voorlopige bepalings (tuisspan eerste): 8 Maart: WP t. Boland; Vrystaat t. SWD; Grens t. Haaie XV-tal; Blou Bulle t. Griekwas; Valke t. Pumas; Luiperds t. Goue Leeus; Griffons t. Limpopo Blou Bulle. 15 Maart: Boland t. Vrystaat; Haaie XV-tal t. WP; OP-Kings t. Grens; Goue Leeus t. Valke; Pumas t. Blou Bulle; Griekwas t. Griffons; Limpopo Blou Bulle t. Luiperds. 22 Maart: WP t. OP-Kings; Vrystaat t. Haaie XV-tal; SWD t. Boland; Blou Bulle t. Goue Leeus; Valke t. Luiperds; Griekwas t. Limpopo Blou Bulle; Griffons t. Pumas. 29 Maart: Haaie XV-tal t. SWD; OP-Kings t. Vrystaat; Grens t. WP; Valke t. Limpopo; Luiperds t. Blou Bulle; Goue Leeus t. Griffons; Pumas t. Griekwas. 5 April: Vrystaat t. Grens; SWD t. OP-Kings; Boland t. Haaie XV-tal; Blou Bulle t. Valke; Griekwas t. Goue Leeus; Griffons t. Luiperds; Limpopo Blou Bulle t. Pumas. 12 April: WP t. Vrystaat; OP-Kings t. Boland; Grens t. SWD; Pumas t. Luiperds; Griekwas t. Valke; Griffons t. Blou Bulle; Limpopo Blou Bulle t. Goue Leeus. 26 April: SWD t. WP; Boland t. Grens; Haaie XV-tal t. OP-Kings; Blou Bulle t. Limpopo Blou Bulle; Valke t. Griffons; Luiperds t. Griekwas; Goue Leeus t. Pumas. 3 Mei (kwarteindronde): Noord 1 t. Suid 4; Suid 1 t. Noord 4; Noord 2 t. Suid 3; Suid 2 t. Noord 3. 10 Mei: Halfeindstryd 1; Halfeindstryd 2. 17 Mei: Eindstryd.