Kaapstad Verander Area

Vandag


32°C / 19°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 18°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Vrydag


26°C / 19°C

Wind 21km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 60%

Saterdag


24°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 4.4mm


Humiditeit 49%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 37%

Maandag


32°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 28%

Nuusflitse
​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog Padwoede-verhoor tot Augustus uitgestel Man sterf in ongeluk by nywerheidsonderneming SAL kanselleer vlugte na New York weens slegte weer Vrou op staproete in Llandudno beroof Nelspruit-ouma glo as seksslaaf aangehou 5 stories wat jy nie kan mis nie Valke trek 10 Nigeriërs vas Air Malaysia se webruimte binnegedring Mej. Heelal kom uit Colombia Oudsoldate van SA help in stryd teen Boko Haram Man in hof ná skietery by vulstasie in Kaapstad Kerk neem afskeid van jong dominee ná fratsongeluk ​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind
Sport

Pumas katrol twee Bulldogs in vir 2014

Donderdag 21 November 2013 21:46

JOHANNESBURG. – Terwyl Grens se rugbyamptenare onder mekaar stry en sy spelers bekommerd is of hul salarisse voortaan wel betaal sal word, het twee van dié unie beste spelers die kans aangegryp om by ’n span aan te sluit wat vorentoe mik.

Die Pumas het die dienste van die woelige flank Brian Shabangu en skrumskakel Sinovuyo “Snake” Nyoka bekom en dié tweetal sal hul loopbane in Nelspruit voortsit.

Shabangu (25) en Nyoka (23) was uitblinkers in die Grens-Bulldogs se span toe hy byna ’n opskudding vroeg in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga gelewer het deur die Pumas in Nelspruit te klop.

Uiteindelik het die Pumas die wedstryd met ’n drie reg teen die einde beklink en met 23-16 gewen.

Albei spelers was ook lede van die Suid-Afrikaanse Presidente-span – ’n span gelaai met Pumas-spelers – wat onder die afrigting van die Puma-breier, Jimmy Stonehouse, vroeër vanjaar die Tblisibeker verower het.

’n Ander aanwins vir die Pumas is die skrumskakel Johan “Oupa” Herbst van die SWD-Arende. Hy het ook een wedstryd vir die Southern Kings in vanjaar se Super-reeks gespeel.

Ook die Kings-vleuel, Marcello Sampson, wat 13 Super-wedstryde vir die Kings in 2013 gespeel het, trek Laeveld toe, waar die Pumas volgende jaar in die Premierliga gaan meeding.

Stonehouse het voorts die Luiperds- en Puk-senter, Hennie Skorbinski, nader getrek. Die stut Sabelo Nhlapo, wat voorheen vir die Haaie en Tukkies gespeel het voordat hy Boland toe is, is ook nou deel van die Puma-familie.

Onder die verliese is die slot Boela Serfontein, broer van die Springbok-senter Jan Serfontein, wat deur Griekwas na die Diamantstad gelok is. Die skrumskakel Shaun Venter het Vrystaat toe vertrek, maar met Nyoka en Herbst nou saam met Faf de Klerk en Reynier van Rooyen in die Pumas-groep, is daar nie ’n tekort aan goeie skrumskakels vir 2014 nie.

Vier ander Pumas-spelers wat van hul kontrakte vrygestel is, is Wilhelm Loock (vleuel), Danwel Demas (vleuel), Tiaan Marx (senter) en Ivann Espag (stut).