Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Ackers betrek Marx

JW, Vrystater ook in Leeus se vergrote groep

Maandag 25 November 2013 8:29 nm.

Die jong Malcolm Marx kan dalk in 2014 Super-rugby vir die Leeus speel. Foto: CARL FOURIE GALLO IMAGES

JOHANNESBURG. – Die belowende 19-jarige haker, Malcolm Marx, is een van verskeie jongelinge wat saam met die Leeus voorberei vir 2014 se groot terugkeer na Super-rugby.

Oor Marx, verlede jaar se SA Skole-haker, se potensiaal is daar groot opgewondenheid hier en daarom word daar in 2014 reeds baie van hom verwag. Dit verbaas dus nie dat hy so vroeg al saam met die seniors draf nie.

Hy is weliswaar net deel van ’n vergrote Leeus-oefengroep wat nog heelwat verklein sal word alvorens die voorbereiding vir Super-rugby in Januarie met erns begin.

Die groep word teen die einde van vandeesweek die eerste keer verklein en die spelers sal tot 20 Desember by die Johannesburg-stadion sweet voordat hulle ’n blaaskans oor die feestyd kry.

Jonges soos Marx en die losvoorspelers Steph de Wit, Ruaan Lerm en Cyle Brink kry nou slypkans saam met deurwinterde voorspelers soos Franco van der Merwe, Willie Wepener, Bees Roux, Derick Minnie en Warren Whiteley.

Nog ’n nuwe gesig in die voorlopige Leeus-groep is die stut Charles Marais, wat vanjaar Vodacombeker-rugby vir die Vrystaat-Cheetahs gespeel het en ook vir die Shimlas en Griffons uitgedraf het. Die Leeus het Marais ontbied om te kyk of hy volgende jaar vir hulle van waarde kan wees.

Agterlangs is talentvolle jonges soos Jaco van der Walt (losskakel) en Harold Vorster (senter) ook in die groter groep wat onder die vlerk van gesoutes soos Deon van Rensburg, Alwyn Hollenbach, Elton Jantjies en Michael Bondesio slyp.

Die Pumas se Stefan Watermeyer (senter), Faf de Klerk (skrumskakel), Rudi Mathee (slot) en Corné Fourie (stut) is saam met die Luiperds se Luther Obi (vleuel) en Adriaan Engelbrecht (senter) vanaf die Leeus se streeksvennote na die groep genooi.

Voltydse Leeus-aanwinste wat onder die wakende oog van die afrigter Johan Ackermann oefen, is Vainon Willis (Bulle), Courtnall Skosan (Bulle), Willie du Plessis (Bulle), Ricky Schroeder (WP), Thabo Mamojele (Kings), MB Lusaseni (Luiperds) en Schalk van der Merwe (Vrystaat).

Intussen oefen die voormalige Vrystaat- en Pumas-senter, JW Jonker, ook van gister af by die Leeus, maar bevind hom voorlopig net in die Vodacombeker-oefengroep.

Jonker (26) het sy rugbystewels vroeg vanjaar weens ’n knaende enkelbesering opgehang, maar is nou glo weer perdfris.

Enkele spelers wat die Leeus vanjaar verteenwoordig het, berei saam met hul universiteitspanne vir die Varsitybeker-reeks voor. Onder hulle tel Vian van der Watt (skrumskakel, UJ), Swys du Toit (haker, UJ) en JJ Breet (slot, Wits).

Onder die spelers wat die Leeus sedert die einde van die Curriebeker-reeks gegroet het, is Lionel Cronjé (veelsydige agterspeler, Brumbies) en CJ van der Linde (stut, London Irish). Die haker Martin Bezuidenhout (WP) en slot Stephan Greeff (Luiperds) is nie kontrakte aangebied nie.

Die vergrote oefengroep is: 

Heelagters: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Ruhan Nel, Kobus de Kock.
Vleuels: Anthony Volmink, Deon van Rensburg, Deon Helberg, Chrysander Botha, Vainon Willis, Courtnall Skosan, Luther Obi (Luiperds).
Senters: Lionel Mapoe, Alwyn Hollenbach, Stokkies Hanekom, Dylan des Fountain, Robert de Bruyn, Harold Vorster, Stefan Watermeyer (Pumas), Adriaan Engelbrecht (Luiperds).
Losskakels: Elton Jantjies, Marnitz Boshoff, Willie du Plessis, Jaco van der Walt.
Skrumskakels: Michael Bondesio, Ross Cronjé, Guy Cronjé, Ricky Schroeder, Faf de Klerk (Pumas).
Losvoorspelers: Derick Minnie, Warren Whiteley, Jaco Kriel, Willie Britz, Warwick Tecklenburg, Lambert Groenewald, Thabo Mamojele, Ruaan Lerm, Steph de Wit, Cyle Brink.
Slotte: Franco van der Merwe, Martin Muller, Franco Mostert, Chris van Zyl, Hugo Kloppers, Rudi Mathee (Pumas), MB Lusaseni.
Stutte: Jacques van Rooyen, Ruan Dreyer, Bees Roux, Schalk van der Merwe, Julian Redelinghuys, Corné Fourie (Pumas), Charles Marais (Vrystaat).

Hakers: Willie Wepener, Malcolm Marx, Robbie Coetzee, Mark Pretorius.Sport24 op Facebook: Kliek hier