Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Sport

Tewis tree uit oor rug en brei nou by Grey

Deur Jóhann Thormählen Vrydag 06 Desember 2013 9:45 nm.

Tewis de Bruyn

BLOEMFONTEIN. – Die gras sit nog aan die rugbystewels vas wat Tewis de Bruyn onlangs weens ’n rugbesering opgehang het en hy is klaar by afrigting betrokke.

Die Vrystaat-skrumskakel het reeds as agterlyn-afrigter by Grey-kollege se eerste span ingeval en hoef nie heeltemal van rugby afskeid te neem nie.

Die 31-jarige De Bruyn was op 29 Junie die laaste keer in ’n 22-tal van die Cheetahs toe hulle die Stormers in Kaapstad in ’n Super-wedstryd gepak het.

Die vorige dag het hy nog 80 minute as Vrystaat-leenspeler in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga vir die Griffons, in Kemptonpark teen die Valke, gespeel. Hy moes inderhaas Nuweland toe nadat Sarel Pretorius beseer is.

Hoewel hy graag nog sou wou speel, het sy besering hom genoop om amptelik uit te tree.

“Ek speel al 11 jaar professionele rugby en om sommer net so weg te stap sou baie hartseer wees,” het De Bruyn gesê.

“Om by Grey betrokke te wees help ’n bietjie om daardie hartseer weg te vat.”

Hy meen dis ook lekker om aan sy alma mater terug te gee.

De Bruyn het die eerste keer pyn ervaar toe hy saam met die Cheetahs vir ’n Super-wedstryd teen die Bulle opgewarm het. Aanvanklik is gedink hy het ’n heupbesering (hip pointer), omdat hy pyn in sy heup ervaar het.

Later was sy rug seer en is hy na dr. Pierre Hugo, ’n rugspesialis, wat uitgevind het ’n kussinkie in sy rug het gedisintegreer. Hy is aangeraai om drie maande te rus.

Ná hy weer begin oefen het, het die pyn terruggekom. Daar is besluit om eerder halt te roep, aangesien dit gevaarlik kan wees as hy probeer aanhou speel.

“Ek is nou 31 en het ’n paar opsies in Frankryk gehad, aangesien ek daar by Lyon gespeel het.

“Ek sou graag vir so twee of drie seisoene daar wou speel, maar op die einde van die dag gaan jy nie ander ouens se geld mors (deur met ’n besering te speel) nie en het jy ’n lewe ná rugby.”

Hy werk reeds die laaste nege maande by Capitaux, waar hy by korttermyn- en oesversekering betrokke is.

“ ’n Hoogtepunt was beslis 2007 se Curriebeker-eindstryd toe ek die wendrie (teen die Leeus) gedruk het en Willem (de Waal) die skop oorgesit het,” het hy gesê.

Verder staan die twee Super-seges van die Cheetahs hier oor die Crusaders ook vir hom uit.

“Ek wil net graag uit my hart uit almal bedank wat insette in my rugbyloopbaan gehad het. Ek wil net baie dankie sê daarvoor.”