Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


26°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Nuusflitse
Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Sport

Pote maak Matie Tukkies se kaptein

Deur Gerdie Karstens Dinsdag 07 Januarie 2014 8:41 nm.

BLOEMFONTEIN. – Pote Human het die Griekwas-stut Brummer Badenhorst én Maties-slot Reniel Hugo nadergetrek om die Tukkies vanjaar in die Varsitybeker-reeks slaankrag te gee.

Badenhorst was verlede rugbyseisoen nog deel van Griekwas se Curriebeker-groep, hoewel hy maar min speelkans vir die Poubloues gekry het.

Hy het nie vir die 2014-seisoen ’n kontrak by die Noord-Kapenaars onderteken nie en gaan nou onder leiding van Human (afrigter), wat hom ook by Griekwas afgerig het, probeer om die Tukkies se titel as huidige Varsitybeker-kampioene te help verdedig.

“Brummer is ’n sterk skrumwerker wat vir die Tukkies van groot waarde sal wees. Hy het ons hier by Griekwas beïndruk met sy werketiek en sal beslis kan help om hul titel te verdedig,” het Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, gister gesê.

Badenhorst het voor sy Griekwas-dae vir die Maties die skrum geanker.

Die 23-jarige Hugo het nog verlede jaar vir die Maties in die eindstryd teen die Tukkies uitgedraf, maar die skoen sal vanjaar aan die ander voet wees.

Hy is verlede jaar danksy sy uithaler-spel as die Varsitybeker se Voorspeler van die Reeks aangewys.

Human het hom boonop ook met die Tukkies-kapteinskap beloon.

“Die feit dat hy nog in die 2013-eindstryd vir die Maties teen die Tukkies gespeel het, is water onder die brug.

“Hy is nou ’n Tukkie en myns insiens die beste keuse vir die kapteinskap. Ek het groot vertroue in sy vermoëns as sowel leier en speler,” het Human oor Hugo aan varsitycup.co.za gesê.

Human is ook beïndruk deur Hugo se werketiek op en van die veld, wat hom die versekering gegee het dat Hugo se keuse as kaptein die regte een was.

“Reniel het sedert hy hom in November vir die voorseisoense voorbereiding by ons aangesluit het, groot indruk gemaak met sy sterk natuurlike leierskap.

“Hy het boonop waardevolle Varsitybeker-ondervinding.

“Hy lei absoluut deur voorbeeld en dwing respek af by die ander spelers, onder wie daar ander sterk leiers is wat hom sal bystaan.

“Ek sal soos Reniel ook in my eerste jaar aan die stuur van afrigting by UP-Tuks baie graag die Varsitybeker omhoog wil hou. In Reniel het ek dus ’n groot bondgenoot,” het Human gesê.