Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


25°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 62%

Vrydag


24°C / 17°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sport

Cheetahs verklein groep

Greeff speel plek oop

Deur Jóhann Thormählen Vrydag 17 Januarie 2014 9:50 nm.

BLOEMFONTEIN. – Carel Greeff het homself gister hier op Shimlapark in die Cheetahs se verkleinde Super-groep ingespeel.

Só het Naka Drotské, die Cheetahs-afrigter, gesê nadat hy die Griekwas-flank in sy groep van 36 spelers ingesluit het wat môre vir ’n oefenkamp na Jeffreysbaai vertrek.

Die 23-jarige Greeff, wat in die voorseisoen saam met Drotské-hulle gesweet het, het nie eens vir ’n Cheetahs-oefenspan teen die Shimlas of Griekwas uitgedraf nie. Hy het in die tweede wedstryd vir die Poubloues gespeel.

Hoewel Greeff die voorlopige Super-groep gehaal het, het die OP-Kings se slot Rynier Bernardo en senter Shane Gates dit nie gemaak nie.

Hulle het sedert einde verlede jaar saamgeslyp.

Die skrumskakel Inus Kritzinger is die enigste Griffon in die groep, terwyl ses Poubloues dit gemaak het.

Drotské het voorlopig vier skrumskakels en vier hakers ingesluit. Volgens hom sal ’n haker en skrumskakel later plek maak vir twee spelers in ander posisies.

’n Groep van 36 spelers sal Maandae en Dinsdae in die Super-reeks saamoefen. Daarna word spelers wat nie in ’n 22-tal is nie, vir die res van die week terug­gestuur na hul Vodacombeker-spanne.

Greeff het aan die begin van 2013 nog Varsitybeker-rugby vir Wits gespeel en was later ’n uitblinker vir Griekwas in die Curriebeker-reeks.

Met dié dat Heinrich Brüssow (toon­besering) minstens die eerste ses Super-wedstryde gaan misloop, kan Greeff dalk net ingespan word.

Drotské sal hom waarskynlik weer in oefenwedstryde laat speel.

Die Cheetahs pak Dinsdag die Madibaz en Saterdag die OP-Kings in Port Elizabeth. Op 1 Februarie speel hulle teen die Pumas in Parys.

“Oor die algemeen is ek tevrede,” het Drotské oor die oefenwedstryde gesê.

“Daar was geen beserings nie en ons diepte lyk heelwat beter.”

Hy was beïndruk met Greeff, die vleuel Cornal Hendricks, skrumskakel Kevin Luiters en slot Hilton Lobberts wat na vore getree het.

Volgens Drotské het Hendricks gewys hy kan ook buitesenter speel.

“Cornal het die X-faktor wat ’n ou nodig het.

“Jy het ’n ou soos Sarel (Preto­rius) wat jy weet dit het; Johan Goosen het dit en Johann Sadie het dit. Dan het jy skielik opwindende vleuels – Raymond (Rhule) is ook daar – en Willie (le Roux) op heelagter. Dit maak ’n ou opgewonde.

“Dit is die eerste keer in ’n lang tyd dat ons vier of vyf spelbrekers in ons span het.”

Die haker Torsten van Jaarsveld se insluiting beteken die Griffons se AJ le Roux is uitgelaat; die slot Waltie Vermeulen het dit ook nie gemaak nie.

Nicolaas (Max) van Dyk, ’n oud-vaskop van die Jong Bokkies wat deesdae by Griekwas gekontrakteer is, tel onder die stutte.

Cheetahs-groep: Trevor Nyakane, Caylib Oosthuizen, Coenie Oosthuizen, Rossouw de Klerk, Max van Dyk, Adriaan Strauss, Ryno Barnes, Hercu Liebenberg, Torsten van Jaarsveld, Lood de Jager, Andries Ferreira, Hilton Lobberts, Francois Uys, Ligtoring Landman, Boom Prinsloo, Carel Greeff, Lappies Labuschagné, Oupa Mohoje, Philip van der Walt, Jean Cook, Sarel Pretorius, Shaun Venter, Kevin Luiters, Inus Kritzinger, Elgar Watts, Johan Goosen, Riaan Smit, Francois Venter, Howard Mnisi, Johann Sadie, Piet Lindeque, Raymond Rhule, Cornal Hendricks, Rayno Benjamin, Willie le Roux, Hennie Daniller.