Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 20km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 61%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Nuusflitse
Vrou sterf toe vragmotor op haar motor rol ‘Ebola-chaos’ by Beitbrug Man vas wat huishulp aanrand Man aangekeer wat katte vir dwelmsmokkelary gebruik Universiteite breek bande met Bill Cosby Dief steel lykswa met lyk steeds binne in Matriekmeisie gee geboorte voor skool, los glo baba Seun op soek ná wolkbreuk Hoë risiko vir beurtkrag dié naweek Kaapse man steek glo vrou in Auckland dood 'Pop trek Steve Hofmeyr se toutjies' Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer
Sport

Gates, Rynier sal kans moet afwag

Deur Michael Green Maandag 20 Januarie 2014 10:35 nm.

Die voormalige Luiperds-skrumskakel Jaco Grobler kan Saterdag sy buiging vir die Kings teen die Cheetahs maak. Foto: DEON FERREIRA

PORT ELIZABETH. – Rynier Bernardo en Shane Gates sal dalk Saterdag ’n rukkie moet wag voordat hulle aan die Cheetahs kan wys hulle het ’n fout begaan deur hulle nie vir hul Superrugby-groep te kies nie.

Bernard en Gates was tot Saterdag nog deel van die Cheetahs se planne.

Hulle is Sondag teruggestuur Baai toe en het gister weer by die Southern Kings ingeval.

Die Kings en die Cheetahs speel Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion ’n opwarmwedstryd.

Te oordeel na gister se oefening sal Bernardo en Gates nie in die Kings se beginspan wees nie.

Bernardo ding op slot mee met die Kings se kaptein, Darron Nell, en die ervare Steven Sykes.

Stephan Greeff, wat van die Leeus geleen word, kan ook oorweeg word.

Daar is ’n kans dat Bernardo as flank gekies kan word, hoewel dit nie sy beste posisie is nie.

Gates kan as binnesenter uit die span gehou word deur ­Dwayne Jenner, wat voorheen vir die Grens gespeel het.

Die veelsydige Gates kan ook losskakel speel, maar George Whitehead is die Kings se eerste keuse.

Dit lyk dus of Bernardo en Gates­ aanvanklik op die plaasvervangersbank sal wees en eers later in die wedstryd opgestuur sal word.

Die Kings kan vandag ook kopkrap oor wie in die voorry moet sak omdat die vaskopstut Charl du Plessis met ’n voetbesering sukkel.

Pieter Stemmet (21), wat verlede jaar een wedstryd vir die OP-Kings gespeel het, sal dalk saam met die haker Albé de Swardt en die loskopstut BG Uys die voorry vorm.

Uys is een van twee aanwinste van die Luiperds. Die ander een is die skrumskakel Jaco Grobler.

Grobler (21), wat in die Baai in Framesby op skool was, het die afgelope twee jaar in 20 wedstryde vir die Luiperds uitgedraf.

Rob Kempson, die Kings se waarnemende afrigter, het gesê die hakers Tabbie du Plessis en JC Oberholzer is op ’n  proefgrondslag by die Kings.

Du Plessis, ’n jonger broer van die Springbokke Bismarck en Jannie, het verlede jaar klubrugby in Bloemfontein gespeel.

Oberholzer het voorheen vir die Pukke en die Luiperds uitgedraf.

) Moontlike Kings-span: Shakes Soyizwapi, Michael Killian, Ronnie Cooke, Dwayne Jenner, Sergeal Petersen, George Whitehead, Jaco Grobler, Paul Schoeman, Devin Oosthuizen, Claude Tshibidi, Steven Sykes, Darron Nell, Pieter Stemmet, Albé de Swardt, BG Uys.