Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Sport

Bezuidenhout en Meyer se Super-kanse

Hawies-hulle besin nog

Deur Jóhann Thormählen Donderdag 23 Januarie 2014 9:23 nm.

BLOEMFONTEIN. – Die Cheetahs-afrigtingspan moet nog ’n amptelike besluit neem, maar Griekwas se twee nuutste aanwinste kan dalk vir Super-rugby nader getrek word.

Só het Hawies Fourie, ’n Cheetahs-hulpafrigter, gister gesê.

Fourie en sy afrigtingspan moet nog besin of die skrumskakel Tian Meyer en haker Martin Bezuidenhout volgende week hier saam met hul verkleinde Super-groep gaan inval. Die Cheetahs is vandeesweek in Jeffreysbaai vir ’n Super-oefenkamp en speel môre teen die OP-Kings in Port Elizabeth.

’n Voorbeeld van ’n Poublou-speler wat verlede jaar later in Kimberley aangekom en Super-rugby gespeel het, is die losskakel Burton Francis.

Francis, wat nou vir die Franse klubspan Agen speel, was nie net ’n plaasvervanger nie, maar het in Johan Goosen, Elgar Watts en Riaan Smit se afwesigheid in ses Super-wedstryde begin.

Hy was nes Meyer en Bezuidenhout nie in die Cheetahs se Super-voorseisoen betrokke nie.

Fourie wou nie dinge vooruitloop nie, maar meen Meyer-hulle is goeie kopies.

“Uit ’n Griekwas-oogpunt is hulle goeie aanwinste,” het Fourie, wat ook die Poubloues se Curriebeker-hoofafrigter is, gesê.

“Martin Bezuidenhout het homself al op Super-vlak bewys en Griekwas het Matt Dobson aan ’n Engelse span verloor.”

Indien hy deur Naka Drotské, die Cheetahs-hoofafrigter, nader getrek word, sal Bezuidenhout met Hercu Liebenberg, Ryno Barnes en Torsten van Jaarsveld meeding om Adriaan Strauss se haker-adjudant te wees.

Bezuidenhout het al vir die Leeus en Stormers Super-rugby gespeel.

“Tian is een van die mees onderskatte skrumskakels in die land.

“Hy het my baie in verlede jaar se Curriebeker as ’n Leeu beïndruk,” het Fourie gesê.

“Hy is goed genoeg om die Cheetahs se derde keuse op skrumskakel te wees. En as hy daar ’n kans kry kan hy homself op Super-vlak bewys.”

Meyer, wat al vir die Leeus Super-rugby gespeel het, se koms na die streek is dalk slegte nuus vir Kevin Luiters en Inus Kritzinger.

Hulle is in die wedloop om die Cheetahs se derde keuse op skrumskakel te wees.

Shaun Venter en Sarel Pretorius, wat binnekort van beserings terugkeer, behoort die skrumskakels in die Cheetahs se 23-tal te wees.

Fourie het bevestig dat Super-spanne in 2014, nes deesdae in internasionale rugby, 23 spelers gaan inspan. Dit was in 2013 nog 22 spelers.

Die Cheetahs-afrigtingspan was baie teleurgesteld met hul sogenaamde “B-span” se vertoning Dinsdag teen die Madibaz in die Baai. Die Cheetahs se naasbestes moes sweet om ’n sege van 31-26 te behaal.

“Ek en Naka het rustyd en ná die wedstryd vir die ouens gesê as dit is hoe hulle wil speel en dink hulle gaan ’n Super-span haal, maak hulle ’n fout,” het Fourie gesê.

Hy meen die enigste ligpunte was die loskop Caylib Oosthuizen en vaskop Max (Nicolaas) van Dyk se vertonings.

Hulle kan dalk later die twee stut-plaasvervangers in die Cheetahs se 23-tal wees.